Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

 

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Stuur enige bruikbare wenke per e-pos aan  en noem sommer of jy geneë is daarmee as ons jou naam en/of besonderhede by jou wenk publiseer.

 

Ultra-wyehoekfoto's

 

As jy gelukkig genoeg is om ’n ultra-wyehoeklens (soos ’n 14mm-lens) in jou kamerasak te hê, kan jy lekker in beknopte ruimtes rondspeel, maar werk oordeelkundig.

1 Bly weg van vertikale portrette. As jy foto’s van mense neem, vermy die vertikale formaat, want dit laat die koppe “rek” en alles begin onnatuurlik lyk (soos op die foto links).

2 Bekyk die rand...
Onthou, jou ultra-wyehoeklens verwring die beeld op die foto se rande: Geboue se mure gaan geboë lyk en mense se lyf gaan buite proporsie groter wees as in die middel van die raam.

3 Gebruik hom reg.
’n Ultra-wyehoek werk goed vir landskappe of as jy in beknopte spasies soos in ’n gebou of ’n plek soos ’n opelugmark of optog wil foto’s neem. Dis hoekom dit ’n gewilde lens onder fotojoernaliste is.

- Bron: WEG!

  

  Volg ons op Pinterest

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster