Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

 

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsonderring nie!So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hele bladsy aan ander mense se kommentaar afstaan ...

Marelize Keyter: Jaco, BAIE dankie.... Dit was vir my 'n voorreg om jou as leier in hierdie (rubriekskryf)kursus te kon hê. Ek voel maar nog effe "wankelrig" vir hierdie treë - maar jou en Leoni se vertroue in my gee my moed. My ma het aangedring dat ek moet skryf, maar dis my má - ek meen, sal dit nou 'n eerlike opinie wees? (Elke swart kraai....) Dus, net weer, baie dankie.

Emgeni Ferreira: Van harte geluk met die keurig versorgde nuwe aanlyn - wat noem mens dit? - universiteit? Nie net met die fyn aansigte, goeie skrif en uitleg nie, maar veral ook met die imposante groep - uhm - 'dosente'. Ek wens julle veel voorspoed toe, so ook die mense wat by julle sal aanklop om hulp, waarvan ek waarskynlik self een sal wees. Ek glo met die oprigting van hierdie jaart en opstalle bou julle dan ook nog 'n dyk teen die 'see' wat hard probeer om Afrikaans te verswelg. Nogmaals geluk en mog't troffe.

Maretha Maartens: Baie, baie geluk! Ons is eindeloos trots op dit wat jy hier doen. Mag die Here elke dag en elke onderneming vul met Sy seën en leiding. Met groot blydskap.

Riana Scheepers: Ek is verstom - en opgewonde - deur die stap wat jy neem, en ek wens jou alle, alle sukses toe. Dit is enorm, maar dit is doodgewoon wonderlik dát iemand dit doen. En broodnodig, sowaar.

Jean Oosthuizen: Ek maak dit summier een van my favorites. Ek sal gereeld gaan inloer.

Lauren Copley: Mooi so ...baie indrukwekkend! Jammer hulle het nie so 'n goeie een vir dié wat Engels skryf nie....

Leon van Nierop: Mooi skoot. Dis die eerste keer in die 35 jaar waarin ek vir letterlik elke medium in die land geskryf het, dat so iets gebeur. Ek wens jou groot sukses toe.

Laetitia Botha: Geluk met jul webtuiste en die aanlyn-opsies vir skrywers. Persoonlik dink ek dis wonderlik dat daar so ‘n webtuiste is en jul tydsberekening is baie goed. Nie almal wil in literêre debatte betrokke raak soos op sekere van die webtuistes nie – hierdie is beroepsgerig, professioneel en gaan beslis vir entiteite soos Writer’s Write en Writer’s College ‘n lopie vir hulle geld gee.

Ria Pieterse: Ongelooflike idee! Die webwerf is fantasties. En dis SO lekker om korrekte, keurige Afrikaans te lees. Ek gaan definitief vir van die kursusse inskryf. Sterkte met al die planne en idees.

Annemarie Marais: Het gou gaan loer op die webwerf wat so via-via-via aangestuur is na my – wonderlike idee, mag dit net van krag tot krag gaan. Sien uit na gereelde kontak!

Stephanie Nieuwoudt: Wonderlike idee die webportaal. Geluk.

Stephan van Rooyen: Dis bitter lekker. Ek wens julle alle sterkte toe; mag hierdie nuwe besigheid van krag tot krag groei.

Rilette Meyer: Wat ‘n briljante inisiatief! Ek is SO opgewonde hieroor. Ek sal beslis gebruik maak daarvan.

Elize Parker: Baie geluk met al julle harde werk – dit is skitterend! Voorspoed en sterkte!

Karin Brynard: Dit is 'n baie dapper projek en ek haal my hoed af! Hoog tyd dat ons vryskutters iewers 'n holte vir die voet vind. Want, afgesien van die ongelooflike slegte behandeling wat ons dikwels van publikasies kry, is daar geen amptelike ondersteuningsgroep of netwerk vir ouens soos ons nie. Veels geluk dus.

Joan Kruger: Fantastiese idee, Leoni. Ons sal beslis gebruik maak daarvan. Ek stuur dit ook vir my kontakte aan.

Christo Valentyn: Wel gedaan - daar is beslis 'n leemte in die mark en ek gaan beslis hiervan gebruik maak! Wou nog altyd bietjie my Afrikaans opskerp.

Ilse Salzwedel: Die webblad lyk goed! Trots om deel te wees daarvan!

Cape Media: Dankie vir die vinnige resultate met ons soeke na 'n skrywer in Bloemfontein. Ons gaan beslis weer van julle diens gebruik maak.

Plus50: Dis die vinnigste wat ons nog ooit 'n vryskutpersoneellid gevind het - in minder as twee ure. Baie dankie.

Kristel Loots: Veels geluk met die sterk span wat jy bymekaar gebring het. Sukses vorentoe!