Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is
geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons
webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale afstaan ...
Akademiese
en ander geskrifte wat deur SA Vryskutskrywer
geredigeer is.
Marilize King se kortverhaal,
Koue Pampoen, is deur Huisgenoot
onder 'n skuilnaam gepubliseer.
ABC van Kortverhale
Hendie
Grobbelaar, wat in
2016 SA Vryskutskrywer se
ABC van Kortverhale-kursus voltooi, kan reeds 'n rits wenverhale en
kortverhaalbundels agter haar naam skryf. Haar jongste sukses is haar
kortverhaal,
Die Rooi Tekkies, wat
PEN Afrikaans se 2022-kortverhaalkompetisie
gewen het.
Marlene
Farmer se rubriek,
Rooiwangappels,
inbelsentrums en
afleweringsdienste,
word op Maroela Media
gepubliseer.
'n Tweede rubriek,
Wat die hart van vol is,
word in die tydskrif,
Kuier, gepubliseer.
Skryf Kreatief!
Elmé
Steyl (12) se verhaal,
Die Waterwese
wen tweede plek in Storiewerf se
skryfkompetisie .
Kom ons skryf 'n Storie
Marie
Smit: Ek moet die volgende met jou deel: Elmé Steyl, my
kleindogter, wat by jou die kinderskryfkursus gedoen het, het
Juliemaand vanjaar aan 'n skryfkompetisie by Storiewerf deelgeneem.
Sy het pas gehoor dat sy tweede prys gekry het - prysgeld R800! Ek
glo dat jou kursus haar gestimuleer het en dat dit definitief
bygedra het tot haar sukses! 'n Klop op die skouer vir jou ook!
Kom ons skryf 'n Storie
June
Botha: Die kursus het my
geweldig gehelp om my
swak punte in skryf uit te
wys terwyl ek
Vlug van die Nag
geskryf het. Ek benader, sien en
hersien elke reël uit ‘n
ander lig. Ek het ontdek ek
vertel meer as wat ek moet.
Ek gebruik onnodige woorde –
kan meer werkwoorde invoeg.
Kort en kragtige sinne – is
amper soos – minder is meer.
En ek hou daarvan. Ek gaan
dit beslis meer gebruik.
Daarbenewens besef ek dat
elke hoofstuk oordink, soms paragrawe.
Die storielyn kry meer
‘grond’. Dit verstewig my
storie. Dit laat my met meer
gemak, selfs selfvertroue
skryf. Hierdie kursus was
regtig ‘n aanwins. En dankie
vir jou eerlikheid in my
werk.
Selfredigering
Hendie
Grobbelaar voltooi in
2016 die
ABC
van Kortverhale-kursus en debuteer kort daarna met
haar eerste
kortverhaalbundel,
Potskerwe, en in 2017
verskyn haar tweede bundel,
Striksvye. Haar
kortverhale is ook opgeneem
in die US Woordfeesbundels
van 2017 en 2019.
Helene
Meissenheimer is as
joernalis aangestel by
Die Kerkbode.
Proeflees & Redigering
Marlien
van der Westhuizen: Ek het nou begin kyk na die notas-dokument van my
M-skripsie. Jy het soveel moeite gedoen. Waardeer dit vreeslik.
Manuskripredigering
Marilize
King: Baie dankie vir jou terugvoering. Dit is baie waardevol, want anders
weet 'n mens nie of jy vorder en of jy dalk die kat aan die stert beet het nie.
ABC
van Kortverhale
Norman
Evertson: Baie dankie vir alles. Jou bystand
en leiding is uitstekend!
Basiese
Joernalistiek en
Volledige
Fotojoernalistiek
Louise
Schoeman: Hierdie kursus was uitdagend en heerlik. Ek het so
baie geleer, ook van myself in terme van die skryfproses. Tot nou
toe was ek maar ‘n baie lui skrywer wat relatief maklik woorde op
papier kon sit en met min verdere moeite, tevrede was. Nou besef ek
eers hoeveel ure se werk aan een gedig nodig is om dit enigsins meer
as net ‘mooi woorde in ‘n ry’ te maak. Die ontleding van die meester
digters in ons taal se gedigte het daardie besef net verder
versterk. My ma onthou dat Opperman dikwels in die klas gesê het:
“Dig is 10% inspirasie en 90% perspirasie”. Inderdaad.
Poësietegnieke
Diana Pieterse
se kinderboek,
Plooitjie die Vlooitjie,
wat sy deur SA
Vryskutskrywer en SA
Kinderboeke se
Kinderboek-aanlynslypskool
voltooi het, is vir
publikasie deur Naledi
Uitgewers aanvaar en sal
eersdaags op die rakke
beskikbaar wees.
Willem Breyl:
My gedig, Tyd van skeiding, is gekies as een van nege in die
Stuur my jou Woorde III-kompetisie wat getoonset is deur Lizanne
Barnard! Die aanlyn-konsert is 2 Oktober. Baie dankie vir jou aanmoediging
en dat jy my van die kompetisie vertel het!
Jou aanmoeding is beslis
rede om nóg te skryf.
Brandon:
Baie, baie dankie. Dis heeltemal perfek geskryf. Net wat ek wou gehad het. Skryfdienste
Stephanie
Rappard se rubriek,
'n Kopluis vir Krismis, wat sy deur SA Vryskutskrywer se
rubriekslypskool voltooi
het, word in die Februarie/Maart 2020 Plus50-uitgawe gepubliseer.
Hendie
Grobbelaar (ABC
van Kortverhale) se mini-kortverhaal,
Eenduisend Perdekrag, is die naaswenner in
SKROP se
kort-kortstorie-kompetisie: DIE LIEFDE BENODIG MIN WOORDE.
Hendie
Grobbelaar (ABC
van Kortverhale) se kortverhaal, Die Ruimteskip, is die
wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige
R30,000 in die sak.
Emsie
Martin (Tydskrifjoernalistiek,
Teksredigering,
Gemeenskapsjoernalistiek) word aangestel as 'n permanente
vryskutartikelskrywer by
Solidariteit
en is 'n gereelde artikelskrywer vir
Vrouekeur.
Essie
Bester (Tydskrifjoernalistiek) word aangestel as 'n permanente
vryskutartikelskrywer by
Solidariteit.
Lizelle von
Wielligh (ABC
van Kortverhale) is een van LAPA se suksesvolle
Romanza-skrywers.
Helaine
Langenhoven: Woordeloos dankbaar
en tjankerig...! Baie dankie vir jou aandeel aan hierdie groot vreugde vandag.
Jou mooi opbouende advies en raad was van die begin af 'n riem onder die hart!
Hoe sê my pa: "Lyk my jy het jou forté ontdek"? En hoeveel jare het ek nie
daarna gesoek nie.... Christelike
joernalistiek
Essie
Bester: Ek wil net weer dankie
sê vir al jou hulp tydens my kursus in tydskrifjoernalistiek. Ek dink dis net
regverdig dat ek my artikel oor kuberveiligheid (waarin jy ook ’n reuse aandeel
het) vir jou aanstuur. Dit verskyn in die Augustus-uitgawe van Rooi Rose
wat dié week op die rakke is. Ek geniet die skrywery terdeë en het al ’n paar vir
Vrouekeur gedoen en selfs vir Die Burger. Tussen-in waag ek my
hand aan ’n novelette, doen ook bietjie vertaalwerk en het al selfs ’n
navorsingsverslag se taalversorging hanteer. Dit was nogal ’n uitdaging
aangesien dit oor rugby gehandel het - ’n sport waarvan ek bitter min weet!
Tydskrifjoernalistiek
+
Teksredigering
Elsabe
de Beer: Baie, baie dankie vir die hulp en bystand met my kursus! Ek
waardeer jou professionaliteit!
Proeflees
Adele
van Zyl: Dit is ‘n pragtige sertifikaat! Baie dankie SA Vryskutskrywer. Dit
help vir seker met die selfvertroue en trots voel.
Blitskursus: Rubriekskryf
Helaine
Langenhoven
(Christelike
joernalistiek)
se
proefartikel is deur JUIG! aanvaar en verskyn in die November
2017-uitgawe.
Zanne Vorster: Ek
het nou net jou terugvoering gelees - ek's in die wolke! Ek geniet jou kursus
verskriklik baie.
Teksredigering
Marie
Smit: Die kursus het vir my hopeloos te gou verby gegaan en was 'n groot
lekkerte waartydens ek baie geleer het.
Proeflees
Joanita
Erasmus: Ek het toe my MA-graad met lof gekry en wil sommer weer eens dankie
sê vir die puik redigering!
Manuskripredigering
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.