


Welkom by SA Vryskutskrywer - Niefiksie Skryfkursusse
Vir diegene wat nie voel hulle wil hul hand daaraan waag om fiksie te skryf nie, wag daar 'n magdom kursusse in nie-fiksie - lang kursusse, sowel as korter kursusse. Met die regte kennis, wat deur kenners meegedeel word, is die wêreld oop vorentoe.
-
Rubriekskryf vir 'n bykomende inkomste
Die
kursus in rubriekskryf is ’n praktiese kursus wat daarop gemik is om studente so
gou as moontlik die belangrikste aspekte van rubriekskryf onder die knie te laat
kry sodat hulle self rubrieke vir publikasie kan lewer. Weens die praktiese aard
van die kursus is daar nie baie teorie nie, maar onderwerpe wat gedek word is:
“Wat behels rubriekskryf?”, “Kenmerke van ’n goeie rubriek”, “Rubriekskrywers en
hulle style”, “Hoe om jou eie styl te ontdek”, en “Hoe om gepubliseer te word”.
Hoewel nie almal gebore rubriekskrywers is nie, kan verbasend baie mense met die
nodige toewyding uiteindelik rubrieke van aanvaarbare gehalte skryf. Diegene met
genoeg entoesiasme behoort groot bevrediging uit die kursus te kry.
Volledige
kursusbesonderhede
-
Skryf 'n Niefiksieboek

Voel jy jou lewe is 'n boek werd? Het jy al probeer om jou lewensverhaal of jou familiegeskiedenis neer te skryf, maar kon dit nie regkry nie? Of is jy net baie lief daarvoor om met feite te werk en loop al lankal met 'n idee vir 'n unieke feiteboek in jou kop rond? Wat ookal jou skryfbehoefte, die eerste stap is om te erken dis nie onmoontlik om 'n boek te skryf nie - en hierdie kursus is ideaal om jou stap-vir-stap deur die prosesse te lei. Volledige kursusbesonderhede


