Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Skryf 'n Boek

Het jy 'n storie om te vertel?

Miskien loop jy al jare met die 'n trefferidee vir 'n roman rond. Of dalk wil jy vir jou kleinkind haar eie boek skryf. Jy kan selfs jou honger na inligting en talent vir navorsing inspan om 'n niefiksieboek die lig te laat sien.

Dit maak nie saak wat se tipe storie dit is nie ... as jy 'n droom het om 'n boek te skryf is dit NOU die tyd om werk daarvante maak. En SA Vryskutskrywer se hoogs gekwalifiseerde persoonlike opleiers is nét die mense om jou daarmee te help.

 

Is jy een van daardie mense wat nog nooit die kind in jouself agtergelaat het nie?

Staan jy telkens verstom oor die wyshede wat kinders kan kwytraak?

Of hiperventileer jy wanneer jy ’n pragtige kinderboek êrens op ’n winkelrak raakloop?

Selfs al het jy ja op net één van hierdie vrae geantwoord, is jy ’n kandidaat om hierdie kursus te volg.

Met dié kursus gaan jy nie net leiding ontvang om twee kinderboekmanuskripte gereed te kry vir voorlegging aan ’n uitgewery nie, maar terselfdertyd ontvang jy ’n deeglike teoretiese begronding van kinderliteratuur en die leesgewoontes van kinders ... wat jou oneindig baie met jou volgende manuskrip kan help. Volledige kursusbesonderhede

 

Hoe lyk jou leesgewoontes?

Lees jy bra langtand aan 'n roman, maar verslind behoorlik 'n niefiksie boek?

Besit jy 'n voorliefde vir feite en 'n talent vir skryf? Dan is jy heel moontlik die tipe mens wat 'n niefiksie boek moet skryf. Dit kan enigiets wees ... van 'n geskiedkundige boek tot 'n biografie, familiegeskiedenis of 'n feitelike werk oor iets waarin jy belangstel.

Dit kan selfs 'n onbekende persoon se interessante lewensgeskiedenis wees.

Punt is net, as jy lus voel om 'n niefiksieboek te skryf, is hierdie kursus ideaal vir jou. Volledige kursusbesonderhede

 

As jy nog altyd daarvan gedroom het om 'n boek te skryf, maar reeds agtergekom het jou brein werk nou nie juis soos 'n fiksieskrywer s'n nie, is hierdie die kursus vir jou. Hier kan jy na hartelus jou liefde vir feite en statistieke - en selfs mense - uitleef deur al jou kennis en navorsing in 'n nie-fiksie boek saam te vat. Ons stap-vir-stap kursus saam met 'n gepubliseerde nie-fiksieboekskrywer sal die pad aandui na publikasiesukses. Volledige inligting

 

As jy nog altyd daarvan gedroom het om 'n boek te skryf, maar reeds agtergekom het jou brein werk nou nie juis soos 'n fiksieskrywer s'n nie, is hierdie die kursus vir jou. Hier kan jy na hartelus jou liefde vir feite en statistieke - en selfs mense - uitleef deur al jou kennis en navorsing in 'n nie-fiksie boek saam te vat. Ons stap-vir-stap kursus saam met 'n gepubliseerde nie-fiksieboekskrywer sal die pad aandui na publikasiesukses. Volledige inligting

 

   

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster