


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Joernalistieke Skryfkursusse
Joernalistiek is moontlik een van die lonendste en mees
bevredigende beroepe ter wêreld omdat dit die enigste beroep is waarin jy
jouself ten volle kan uitleef, kreatief en uitdagend kan wees, terwyl jy
ongelooflike vryheid van gees smaak. Die hede is interessante tye om 'n
joernalis in te wees.
Werk is beslis nie skaars nie want elke dag, elke uur, elke oomblik bring waardevolle nuus en inligting mee wat met die hele wêreld gedeel moet word. Tyd wag miskien vir niemand nie, maar nuus ook nie. Alles is nuuswaardig. Nuus gebeur net, of jy dit nou doelbewus soek of nie. As jy joernalistieke ink in jou are het, sal die nuus jóú heel waarskynlik vind ...
Omdat daar so 'n wye verskeidenheid joernalistieke velde en kursusse is, bied ons 'n algemene afdeling vir beginners en 'n gespesialiseerde/gevorderde afdeling vir studente wat reeds minstens 'n beginnerskursus in joernalistiek voltooi het of in 'n sekere veld wil spesialiseer. Die gespesialiseerde afdeling is ook gemik op mense wat reeds in 'n joernalistieke rigting werk, maar in 'n spesiale afdeling wil spesialiseer.
Algemene Joernalistieke Kursusse
Gevorderde en Gespesialiseerde Joernalistieke Kursusse
Omvattende Joernalistieke Kursusse


Jou
vryskut-besigheid