Welkom by SA Vryskutskrywer - Korporatiewe Skryfkursusse

 

Verskeie vryskutskrywers beskou korporatiewe skryfwerk as hulle brood en botter. Die moontlikhede en verskeidenheid wat hierdie skryfgenre insluit, is onbeperk. Dink maar aan publisiteitsmateriaal, spesialis- en nispublikasies, korporatiewe nuusbriewe, toesprake, 'n spesifieke skryfstyl vir sakemense ... te veel om op te noem. Ons poog hier om ál die belangrikste elemente van korporatiewe skryfkuns aan te bied.

 

Bring jou boodskap tuis op 'n manier wat verseker dat jou nuus gepubliseer word. Bemeester nuusverklarings en promosies in twee maklike modules. Ideaal vir woordvoerders, skakelbeamptes en skrywers wat maklik goeie geld wil verdien. Volledige kursusbesonderhede

 

Leer om 'n kampioen van die podium te wees met hierdie omvattende kursus. Die skryf van toesprake is 'n uiters lonende bedryf, met die skrywer as die krag agter die troon. Leer om die inhoud vooraf te analiseer en gebruik tien tegnieke van oortuiging om die opposisie plat te vee. Volledige kursusbesonderhede

 

Korporatiewe joernalistiek kan beskryf word as enige soort skryfwerk wat nie fiksie of poësie is nie en wat ook nie die breë algemene publiek se belangstelling sal lok nie. Korporatiewe joernalistiek is dus die ingeligte samestelling van spesialisartikels met behulp van navorsing en medewerking van vakkundiges oor gegewe onderwerpe. as jy die tipe skrywer is wat nie bang is om ‘n berg navorsing vir ‘n enkele artikel te doen nie, hierdie die kursus vir jou is. Volledige kursusbesonderhede

 

Skryfkursusse                               Sluit Venster