SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

 

Meer oor SA Vryskutnetwerk


 

 

In 'n neutedop kom dit daarop neer dat SA Vryskutnetwerk jou wil help om jou inkomste te verhoog en jou teenwoordig te stel as 'n professionele vryskutskrywer. Ons bied jou 'n eie profielblad op ons webwerf, waar jou persoonlike kontakbesonderhede en professionele profiel vertoon sal word. Ons help jou om deur middel van jou profielblad bemarking te ontvang, wat jou blootstelling aan potensiële kliënte en werkgewers verhoog. Ons probeer om werk te bemark en uit te deel aan ons lede en bied hulp met administratiewe take soos kontrakte en regskwessies. Jy het ook onbeperkte toegang tot ons premium-blad wat jou toegang gee tot waardevolle hulpbronne en wenke om jou vryskutloopbaan te bevorder.

Hoe klink dit vir jou?

Ons bied ‘n unieke geleentheid wat nie net jou werk en profiel bevorder nie, maar jou ook die ondersteuning bied wat jy nodig het om te slaag. Onthou, jy is nie verplig om te bly nie – jy kan jou lidmaatskap enige tyd kanselleer as jy voel die netwerk is nie vir jou nie.

 

Lidmaatskap-bepalings

  • Lidmaatskapkoste: R35 per maand of R385 vir 12 maande (1 maand gratis).

  • Geen agentskapsfooi is aan SA Vryskutskrywer betaalbaar nie.

  • Werk wat aan lede toegeken word, word op 'n 80/20-basis geskied: 80% vir die lid en 20% vir SA Vryskutskrywer, waar die 80% aan die lid betaal word, sonder belastingaftrekkings.Elke lid ontvang 'n eie profielblad wat jou kontakbesonderhede en 'n volledige professionele profiel sal insluit.

  • Lede ontvang ook 'n drukbare lidmaatskapskaart en visitekaartjie.

  • Direkte kontak met werkverskaffers en geen tussengangers nie – jy word direk gekontak vir werkgeleenthede.

  • Onbeperkte spesialiteitsvelde kan by jou profiel gevoeg word, en jy kan jou volledige CV vertoon.

  • Gratis toegang tot premium-inhoud.

  • Blootstelling van jou werk in ons nuusbrief en gereelde blootstelling op ons Facebook-netwerkblad.

 

 

Waarom moet ek inskryf?

As netwerk-vryskutlid het jy 'n groter kans om kliënte en werk te werf, danksy jou eie profielblad met kontakbesonderhede wat maklik deur werkverskaffers gevind kan word. Jy betaal geen agentskapsfooi nie en kry onbeperkte toegang tot premium-inhoud wat jou help om jou loopbaan vorentoe te neem. Ons bemark jou profielblad en probeer werk aan lede toe te ken waar moontlik. Jy sal altyd ondersteuning hê wanneer dit kom by administratiewe take en ander aspekte van vryskutwerk.

 

Kan ek my lidmaatskap kanselleer?

Ja, jy kan jou lidmaatskap enige tyd kanselleer, en daar sal geen bykomende koste wees nie. Ons wil hê jy moet net lid wees as jy werklik voordeel daaruit kan trek.

 

 

Algemene netwerkreëls

  • Skrywers kan in die netwerk opgeneem word deur die inskrywingsvorm in te vul en ‘n kort, maar redelik volledige CV saam met ‘n onlangse kop-en-skouersfoto in te stuur.

  • Skrywers word onmiddellik na die aanvaarding van ‘n aanlyn ooreenkoms by SA Vryskutskrywer in die netwerk opgeneem.

  • In die geval van premiumlede, sal die skrywer se profielblad binne vier dae na ontvangs van die subskripsie op die internet gelaai word -na die skrywer die blad en alle inligting eers goedgekeur het.

  • Lede moet beskikbaar wees om op kort kennisgewing opdragte aan te neem en suksesvol uit te voer.

  • Netwerkers móét voltydse vryskutwerkers wees – jou vryskutwerk mag nie net ‘n tweede inkomste wees nie, en jy mag nie ‘n permanente werk hê wat ‘n maandelikse salaris insluit nie.

  • SA Vryskutskrywer is nie verantwoordelik vir enige belastingaftrekkings wat deur ‘n werkgewer gemaak mag word nie; die belastingverantwoordelikheid lê by die netwerkskrywer.

  • Volledige bepalings en voorwaardes kan hier gelees word.

 

Wie kan by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk baat vind?

Professionele vryskutskrywers in enige genre, waaronder joernaliste, kreatiewe skrywers, webskrywers, niefiksieskrywers, digters, draaiboekskrywers, spookskrywers, kopieskrywers, toespraakskrywers, ens.

Vertalers

Redakteurs

Redigeerders

Proeflesers

Korporatiewe skrywers

Fotojoernaliste

 


Klik hier vir die aansluitingsvorm

Meer inligting   |   Sluit aan    |   Databasis   |    SLEGS LEDE   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse