Welkom by SA Vryskutskrywer - Akademiese Skryfkursusse

 

Om universiteit toe te gaan beteken nie net pret en jool nie, maar ook WERK. Harde werk, om die waarheid te sê. Om dus van die begin af studiemetodes aan te leer wat jou in staat gaan stel om die magdom inligting waarmee jy in elke vak gebombardeer gaan word, maklik en deeglik neer te skryf, is 'n móét. Dié kursus wys jou presies hoe om 'n taak aan te pak wat jou dosent immer gaan beïndruk ... en 'n uitstekende punt vir jou gaan inbring. Ons leer jou alles wat jy vir die res van jou universiteitslewe gaan kan gebruik om die dosyne werkopdragte wat jy sal kry, soos 'n professionele skrywer aan te pak en te voltooi. Volledige besonderhede

 

Taalversorging saam met Jeanette

Om werkopdragte, skripsies, verhandelinge, proefskrifte of wat ookal te redigeer, is geen piekniek nie. Dit verg kennis, vernuf en 'n fyn ingestelde taalkundige oog om alle grammatikale foute of selfs tikfoute raak te sien en te korrigeer. Dr Jeanette Ferreira se verfrissingstaalkursus help jou om op 'n maklike en vinnige manier net weer jou taalvermoëns af te stof of, as jy 'n beginnerstudent is, jou te help om jou eie skryfsels self te redigeer. Volledige besonderhede

 

 

 

Skryfkursusse                               Sluit Venster