


Welkom by SA Vryskutskrywer - Ontmoet die skrywers en opleiers
Hier kan jy sien hoe die gesigte agter die name lyk ... en sommer meer omtrent die name ook leer. Ons is 'n groep skrywers wat saamwerk om Afrikaans te bevorder. Nie alleen is Afrikaans een van Suid-Afrika se amptelike tale met die derde meeste moedertaalsprekers nie, maar ons het ook gevind dat Afrikaanse skrywers ietwat gemarginaliseerd is en daar duidelik 'n dringende behoefte aan 'n ondersteuningsnetwerk is. Ontmoet dus die baanbrekers van hierdie nuut-gestigte netwerk. Elkeen van hulle is mense wat bereid is om verskeie ure van elke dag op te offer om 'n droom te voed - 'n droom wat dalk op die lang duur Afrikaans se redding kan beteken ... en dit terwyl hulle dikwels dwarsdeur die nag werk om ander skryfspertye ook te haal.
Leoni Benghiat
Leoni
Benghiat is ‘n gevestigde joernalis, artikel- en nie-fiksieskrywer met ‘n
databasis van 90 tydskrifte, koerante en internetportale. Sy skryf die afgelope
198 jaar vryskut en het al voorblad- en ondersoekende artikels in bykans al die
bekende Afrikaanse en Engelse tydskrifte en koerante gehad en skryf ook vir
buitelandse publikasies. Haar uiteindelike mikpunt is 100 markte en sy glo
daaraan dat niks onmoontlik is nie.
Ilse Ferreira
Ilse
Ferreira skryf letterlik alles - draaiboeke, mediaveldtogte, korporatief,
vertalings wat deel van die proses is, kursusmateriaal, net mooi enigiets waar
'n rekenaarsleutelbord by betrokke is. Haar twee grootste hoogtepunte tot dusver
was toe sy ‘n finalis was in die “Sunday Star Young leaders of tomorrow”
ekonomiese skryfkompetisie in 1992, en meer onlangs die bekendstelling van haar
jongste boek, Italian Footprints in SA.
Carla van der Spuy
Carla
van der Spuy het 36 jaar ervaring as joernalis waarvan sy al vir 16 as
vryskutjoernalis werk. Sy skryf tans meestal vir tydskrifte en haar artikels
behels ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe wat wissel van inspirasie en
lewensdrama tot aktueel, humor en rubrieke. Haar eerste vollengte boek,
Platsakwenke, het verlede jaar verskyn en sy werk tans kliphard aan nóg 'n
niefiksieboek.
Martie Pozyn
Martie
Pozyn het vyftien jaar lank kortverhale onder ’n skuilnaam (Martie Coetser)
vir veral Huisgenoot geskryf. Van haar verhale is in 1998 Huisgenoot
Trefferverhale opgeneem wat deur Bennie Fritz saamgestel is. Tienertonele en
poppekasstories skryf sy graag op aanvraag wanneer korporatiewe skryfwerk en
ander beroepsverpligtinge haar nie té besig hou nie.
Jaco Kirsten
Jaco
Kirsten is bekend vir sy “Die Wit Umfaan”-rubriek in Rapport.
Kaapse lesers het hom leer ken met sy weeklikse “Van Alle Kante”-rubriek
in
Die Burger en hy skryf ook gereelde rubrieke vir Weg-reistydskrif.
Vir sy hoofrubriek in WegRy/Drive Out
was hy in 2008 ’n finalis in die Pica-tydskriftoekennings. Sy rubrieke is al in
drie bundels gepubliseer.
Alita Steenkamp
Alita Steenkamp-Vorster se naam is sinoniem met persoonlikheidsprofiele in nasionale tydskrifte. Noem 'n bekende se naam en sy het reeds oor hom of haar geskryf. Sy sê dis vir haar lekker om oor enige onderwerp 'n artikel te skryf, maar glo dat haar forté beslis persoonlikheidsartikels is, hoewel sy reeds 'n paar bekendes se biografieë ook op haar kerfstok het.
Marlize Leyden
Marlize
Leyden is 'n voormalige redakteur van TG (Taalgenoot, die ATKV
se maandelikse tydskrif) en het Hoezit!, ’n opwindende nuwe
kindertydskrif, begin. Sy het onlangs 'n maandelikse salaristjekkie verruil en
die vryskutpoel betree en geniet haar gate uit. Sy wil haar aansteeklike passie
vir vryskutskryf veral met voornemende kinderboekskrywers deel.


Jou
vryskut-besigheid