Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Deel op Facebook              

 

Skryfkursusse vir die Internet

Meer as 6 miljoen Suid-Afrikaners het toegang tot die internet. Min mense besef egter dat 'n geldelike inkomste binne hulle bereik is met die einste internet. Hier's die plek waar jy in Afrikaans kan leer hoe en waar om vir die Web te skryf om geld te kan verdien. Ons opleiers ken hulle storie. Hulle het geleer toe die internet nog in sy babaskoene was en het nou - na jare se skryf - die kuns vervolmaak om vir die Web te skryf. En hulle staan gereed om hierdie kennis met jou te deel sodat Google jou artikels binne millisekondes kan opspoor.

 

Skryf Webartikels waarop geklik word

Om artikels vir die internet te skryf verg vernuf. Wit spasie, woordperke, soekenjingeoptimiseerde woorde .. elkeen het sy eie, spesifieke nisplekkie in 'n webartikel. Die wêreld van die internet is vinnig, opwindend en kreatief. Dit gaan alles daaroor om lesers te lok ... en om te sorg dat dié lesers kry wat hulle wou gehad het.Volledige besonderhede

 

1-2-3-BLOG jouself!

Blogs bied kommentaar of nuus in werklike tyd oor 'n spesifieke onderwerp, soos diere, politiek, plaaslike nuus of sommer net jou eie gedagtes. Geen wonder dus dat baie blogs soos 'n persoonlike aanlyn-dagboek funksioneer. Die meerderheid dien egter as 'n virtuele voorportaal vir 'n sakebedryf. Dikwels vind 'n doodgewone blog wat deur 'n doodgewone mens bedryf word, sy pad na 'n uitgewer toe - met skouspelagtige gevolge wanneer dié boek die winkelrakke tref. Volledige besonderhede

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster