Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste
Ons span ervare professionele skrywers en taalversorgers staan gereed om jou teks te neem en dit van begin tot einde af te rond en algeheel persklaar te maak. Of jy nou ‘n boekmanuskrip, bloginskrywing, artikel, gedig, kortverhaal, of enige ander soort teks het – ons is hier om jou te help om dit in sy beste vorm te kry.
Ons kyk nie net na die grammatika en spelling nie, maar fokus op alle aspekte van jou teks – van die struktuur en temas tot die taalgebruik en leeservaring. Ons is toegewyd om die hoogste standaarde van taalversorging te handhaaf, en sal verseker dat jou werk nie net taalkundig korrek is nie, maar ook duidelik, aangrypend en professioneel oorkom.
Ons dienste sluit in, maar is nie beperk, tot:
-
Grammatika en spelling: Om die hele teks te fynkam en enige taalfoute reg te stel om te verseker dat die teks korrek vloei en professioneel lyk.
-
Struktuur en samehang: Ons kyk of die teks logies gebou is en of die idees helder en samehangend aangebied word.
-
Styl en toon: Of jy nou ‘n formele of informele styl het, kan ons help om die regte toon en styl te verseker wat by jou doelwit sal pas, ongeag of dit is om inlgting oor te dra, te oortuig of te vermaak .
-
Publikasievoorbereiding: Ons verseker dat jou werk gereed is om gestuur te word aan uitgewers, tydskrifte, of digitale platforms, en bied voorstelle om die teks nog beter te maak voordat dit na 'n mark gestuur word.
-
Skryfadvies: Dit sluit in hulp om idees te verfyn, asook wenke om jou skryfwerk meer boeiend en doeltreffend te maak.
-
Persoonlike ondersteuning: Ons werk saam met jou om te verstaan wat jou spesifieke behoeftes is, en pas ons dienste aan om jou visie vir die teks te bewaarheid en te versterk.
Wat jou teks ook al mag wees, ons is hier om jou te help om dit te verfyn en professioneel af te rond sodat dit gereed is vir publikasie of die volgende stap in jou skryfreis. Jou sukses is ons prioriteit, en ons sal alles in ons vermoë doen jou te help om dit te bereik.
Ons kyk na alle soorte manuskripte en teks:
• dokumente |
• boekmanuskripte |
• artikels |
• rubrieke |
• gedigte |
• webbladinhoud |
• blogs |
• kortverhale |
• novelles |
• nuusvrystellings |
• nuusberigte |
• verhandelings |
• skripsies |
• referate |
• regsdokumente |
• korrespondensie |
Kwessies wat tydens die redigeringsproses gedek word:
-
lomp stelwyses wat verbeter kan word
-
omslagtige stelwyses wat verkort kan word
-
elegante Afrikaanse stelwyses in plaas van Engelse stelwyses
-
woorde of frases wat nie binne die konteks van die teks gepas is nie
-
konsekwentheid wat betref spelwyse van name, instansies, afkortings
-
feitelike korrektheid
-
enige ander aanbevelings wat die teks kan verbeter
|
Slegs PROEFLEES (Ligte redigering) |
Slegs REDIGERING (Medium redigering) |
Volledige PROEFLEES en REDIGERING (Volledige redigering) |
Grammatikale redigering |
Korrigeer alle onbetwisbare foute in spelling, grammatika, sintaksis en gebruik, maar ignoreer enige uitdrukking wat nie 'n volstrekte fout is nie. Wys op paragrawe wat te woordagtig lyk, maar korrigeer dit nie. Ignoreer klein stukkies woordelikheid, presiese bewoording en jargon. Vra dat terme duidelik sal wees vir lesers. |
Korrigeer alle foute in grammatika, sintaksis en gebruik. Wys op of hersien enige ongerymdhede. Wys op die gedeeltes wat te woordryk of ingewikkeld lyk, en verskaf voorgestelde wysigings. Vra of gee definisies van terme wat waarskynlik vir lesers nuut sal wees.
|
Korrigeer alle foute en probleme in grammatika, sintaksis en gebruik. Skryf enige woordryke of ingewikkelde gedeeltes oor. Vra of gee definisies van terme wat waarskynlik vir lesers nuut sal wees.
|
Inhouds-redigering |
Doen navraag oor feitelike teenstrydighede en enige stellings wat verkeerd blyk.
|
Wys enige feite uit wat verkeerd lyk. Gebruik internet en naslaanboeke om die inhoud te verifieer. Doen navraag oor foutiewe organisasie en leemtes in logika. |
Verifieer en hersien foutiewe feite met behulp van naslaanwerk. Herstel foutiewe organisasie en leemtes in logika en stel skrywer in kennis vir goedkeuring en hersiening. |
Strukturele redigering |
Moontlike hulp om organisasie en opskrifte te standaardiseer deur afwykings en leemtes uit te wys. Skripsies/tesisse: • Redigeringsertifikaat
|
Stel veranderinge voor aan organisasie en opskrifte wat die skrywer self moet aanbring. Skripsies/tesisse: • Redigeringsertifikaat |
Maak nodige veranderinge aan organisasie en struktuur en stuur aan outeur vir goedkeuring. Ingesluit: MANUSKRIPBEOORDE-LINGSVERSLAG Skripsies/tesisse: • Volledige strukturele hersiening, nagaan en toets van inhouds-opgawe, bronnelys nagaan • Redigeringsertifikaat |
Indien jy self 'n proefleser of redigeerder wil word, of as skrywer jou
redigeringsvaardighede wil slyp, kan jy dit gerus oorweeg
om vir een van ons redigeringkursusse in te skryf. Volledige besonderhede kan
hier
gevind word.
Benodig jy 'n ander professionele diens? Klik hieronder om na die relevante blad herlei te word (skakel maak in 'n nuwe blad oop)
|
|
|
|
|
|
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.