Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

                       

      

Boekrak

 

 

Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers, digters en boeke.

 

 

 

''Ek moes eers leef.'' Nini Benett gesels oor haar digdebuut kodeks.

Nini Bennett, bekroonde skrywer en digter van kodeks, in gesprek met Bibi Slippers. Lees verder ...

 

Ontmoet die koningin van Christelike fiksie

Met 60 boeke op haar kerfstok, meer as 15 miljoen in druk, miljoene meer wat wêreldwyd verkoop word en tientalle toekennings en pryse, is dit geen wonder dat Karen Kingsbury die onbetwiste “koningin van Christelike fiksie” gedoop is nie. Lees verder ...

 

LOL, K en OMG is nou régte woorde

Die Oxford English Dictionary (OED) sluit nou die terme “LOL” (“laugh out loud”), “OMG” (“oh my God”) en die K-teken in as regte woorde wat waardig is vir etimologiese opname. Lees verder...

 

Staan op vir Jouself - 'n boek wat op elke boekrak hoort

Ons almal wil uit die ashope van die lewe opstaan. Ons droom daarvan om seerkry en ellende agter ons te sit, vorentoe te kyk en ons potensiaal te ontgin. Die vrees vir mislukking en kritiek weerhou egter soveel mense om voluit te lewe. Lees verder...

 

Danie Schreuder (1946 - 2011) : Die wêreld van sy kontrei

Danie Schreuder (66) het in sy lewe ’n besonderse bundel verhale tot die kontreikuns bygedra. Francois Smith, sy redakteur, huldig hom. Lees verder ...

 

Woordfees huldig TT Cloete

Die veelbekroonde  digter, belangrike  akademikus en intellektueel T.T. Cloete is Woensdagaand op die Woordfees in Stellenbosch op die hande gedra. Cloete, wat op 31 Mei 87 word, het onlangs die lang trek van Potchefstroom na Stellenbosch afgelê vir die profielaanbieding wat vanjaar op die Woordfees aan hom gewy is. Lees verder ...

 

Nuwe titels vir jou boekrak

Lees meer omtrent dié nuwe boeke: Tweetalige sakwoordeboek; Die reuk van koffie; Onversadig; Die Behoue Huis: 'n Keur; Vreemdeling: 'n Keur; Kampvuurstories. Lees verder ...

 

Tim du Plessis verduidelik oor boekeredakteur

Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het in reaksie op die protes teen die beplande aanstelling van een nasionale boekeredakteur vir Media24 se koerante gesê hy reken die maatskappy kan beter vaar as hulpbronne saamgevoeg word. Lees verder ...

 

Plan om één boekeredakteur aan te stel gekritiseer

Media24 se besluit om een nasionale boekredakteur aan te stel vir o.a Beeld, Die Burger en Volksblad, het wyd kritiek ontlok. Lees verder ...

 

Jaybee Roux gesels met Ena Murray

Skrywers het astronomiese ego’s. Hulle glo hulle kry nie genoeg erkenning nie. Wat maak ’n mens as ’n wolk oor jou toesak omdat niemand toegee jy is die beste liefdesverhaalskrywer van alle tye nie? Lees verder ...

 

Wêreld-eerste: Lywige 'WAT' op sel

Jy kan nou Afrikaans se lywigste en mees omvattende woordeboek in die palm van jou hand hou. Lees verder ...

 

'Boek' sonder 'n slot

’n Blog is die dagboek se kleinboet. Die verskil is net dat hierdie internet-dagboek se slot tegnologies verwyder is. Mense skryf aanlyn oor hul lewe en dit word deur duisende gelees. Hoekom? Omdat jy by blogs in ander mense se sake kan gaan rondsnuffel? En nog lekkerder, blogs suggereer dat als wat jy lees die waarheid is. Lees verder ...

 

Die Annelie Botes-rasdebakel en die Sala-prys

Lees alles omtrent die debakel waarin die bekroonde Baaise skrywer, Annelie Botes, se Sala-toekenning teruggeneem is. Lees verder ...

 

Afrikaanse is 'n sexy taal

Toe ek en die skrywer Etienne van Heerden saam in gr. 11 – destyds nog st. 9 – besluit het om in Afrikaans te begin dig en skryf, het ek hom eendag gesê: “Hoekom juis Afrikaans? Kan mens nie meer geld maak in Engels nie?” Sy antwoord het my verras: “Want Afrikaans is ’n sexy taal.” Lees verder ...

 

Ontvlugting = romanse

Romantiese fiksie is een van die pilare waarop die Westerse uitgewersbedryf rus. Kyk maar hoe oorheers dié genre die Amerikaanse sagtebandmark met een uit elke vyf lesers wat dié boeke lees. In 2008 was dit bo-aan die blitsverkoperlyste van die New York Times, USA Today en Publishers Weekly. Lees verder ...

 

Afrikaanse boekmark blom

Wie meen dis net bibliofiele wat deesdae boeke koop, moet maar weer dink. Volgens uitgewers en handelaars is daar ’n gesonde gros Afrikaanse boekkopers wat nog ’n nuwe boek of twee aankoop. Lees verder ...

 

Kristel Loots se 'n Lipstiek-lewe

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. Lees verder ...

 

M-Net Letterkundepryse: Eben Venter en Karin Brynard wen

Die romanskrywer Eben Venter het met sy roman Santa Gamka geseëvier in die Afrikaanse kategorie van die M-Net Letterkundepryse. Dié gesogte pryse is Saterdagaand in die Table Bay-hotel in Kaapstad bekendgemaak. Venter het ook Vrydagaand tydens die Via Afrika-toekennings die W.A. Hofmeyr-prys vir dié roman gewen. Lees verder ...

 

Eugene Terre'Blanche vertel self sy storie

Die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, se eie weergawe oor sy lewe van storm en drang gaan kort na sy dood vir die eerste keer vertel word soos wat hy dit ervaar het. Lees verder ...

 

 

   Na Boekrak 2

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Kuberwinkel

Sluit venster