Welkom by SA Vryskutskrywer - Blitskursusse

 

Ons weet jou tyd is beperk en jou werk te veel. Ons blitskursusse is derhalwe só ontwerp dat dit jou die nodige inligting in die kortste tyd denkbaar - maksimum twee weke - sal gee. En teen sakpaspryse wat enigeen kan bekostig.

Al die kursusbesonderhede wat jy nodig het om 'n vinnige besluit besluit te maak oor watter skryfkursus die regte een is vir jou behoeftes, is vir jou gerief op een blad saamgevat. Jy kan sien watter kursusse beskikbaar is, kortliks waaruit dit bestaan, nagenoeg uitwerk hoeveel tyd jy sal benodig om die kursus suksesvol te voltooi en hoeveel die fooie beloop.

Onthou ook dat enigeen wat vir een van ons Blitskursusse inskryf dié kursus deur middel van afstandonderrig saam met 'n persoonlike opleier sal volg en as daar ná afloop van die kursus aan al die vereistes voldoen is, ontvang jy 'n Sertifikaat van Voltooiing.

As jy dus net 'n vinnige kursus soek om jou met 'n sekere aspek van jou skryfwerk te help hoef jy nie verder as ons Blitskursusblad te soek nie.

 

Hoe om te registreer vir die Blitskursus van jou keuse

 

Vereffening van fooie:

 

  1. Kontantbetalings of regstreekse betalings in die bankrekening

Gebruik onderstaande besonderhede om 'n internetbankbetaling, -oorplasing of direkte bankdeposito in SA Vryskutskrywer se bankrekening te maak:

SA Vryskutskrywer se bankbesonderhede:

Bank:                     ABSA

Rekeninghouer:       SA Vryskutskrywer

Rekeningnommer:    405 237 4217

Takkode:                63 01 38 (Klerksdorp)

 

  1. Kredietkaartbetalings:

Klik op die betaalknoppie langs die kursus waarvoor jy inskryf en volg die aanwysings soos deur PayFast verskaf.

 

Na BLITSKURSUSSE

                                                                              Na SKRYFKURSUSSE

                                                                      Sluit Venster