Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

                       

      

Bedryfsnuus

 

Elmari Rautenbach is dagblaaie se boekehoof

Elmari Rautenbach, voormalige redakteur van Insig en tot onlangs waarnemende redakteur van Drum, is aangewys as die boekeredakteur van Beeld, Die Burger en Volksblad.

 

Staat kry eie koerant

Die regering gaan van volgende maand af sy eie koerant in al elf amptelike tale uitgee.

Mnr. Jimmy Manyi, omstrede regeringswoordvoerder, staan aan die stuur van dié projek.

Vuk’uzenzele sal aanvanklik maandeliks in ponieformaat verskyn, maar dit kan in ’n dagblad ontwikkel, het Manyi aan Rapport se susterkoerant, City Press, gesê. Lees verder ...

 

Beeld-vrou sterf ná dapper kankerstryd

Andriette Stofberg (58), ’n adjunkredakteur van Beeld, is gister ná ’n kort en fel stryd teen kanker oorlede.

Lewerkanker is twee weke gelede by Stofberg, een van Beeld se mees senior en ervare joernaliste, gediagnoseer.

In ’n SMS wat sy op 2 Maart aan kollegas en vriende gestuur het, het sy geskryf: “Kanker is ongeneeslik. Laaste fase reeds.” Lees verder ...

 

Gerekende dinkskrum sê SA nou net 'gedeeltelik vry'

Dit raak al moeiliker vir die Suid-Afrikaanse pers om vry verslag te doen.

Suid-Afrika het vroeër vanjaar sy status verloor as ’n land wat se media as “vry” bestempel kan word. Lees verder ...

 

Wet oor inligting ‘beheer héle SA’

Die wetsontwerp oor die beskerming van inligting het die afgelope week vir venynige openbare verhore in die parlement gesorg. Lees verder ...

 

Mediavryheid is ons almal se vryheid

Die Polokwane-mediaspook blyk weer aan die aan die loop te wees as ’n mens so luister na die land se twee voorste kommuniste, Gwede Mantashe en Blade Nzimande, en kyk wat in die wandelgange van die SAUK aan’t broei is. Lees verder ...

 

M-Net Letterkundepryse: Eben Venter en Karin Brynard wen

Die romanskrywer Eben Venter het met sy roman Santa Gamka geseëvier in die Afrikaanse kategorie van die M-Net Letterkundepryse.

Dié gesogte pryse is Saterdagaand in die Table Bay-hotel in Kaapstad bekendgemaak. Venter het ook Vrydagaand tydens die Via Afrika-toekennings die W.A. Hofmeyr-prys vir dié roman gewen. Lees verder ...

 

Literêre pryse - hier's al die wenners

Verskeie literêre kompetisiewenners is onlangs bekendgemaak. Lees verder ...

 

2010 SAPOA Eiendomsjoernalis van die Jaar-toekennings

Die jaarlikse SAPOA Eiendomsjoernalistoekennings, wat deur Hermans & Roman Property Solutions geborg word, help om die kwaliteit van eiendomsjoernalistiek te bevorder en verbeter. Lees verder ...

 

eNews verwelkom nuwe Afrikaanse nuusafdeling

eNews het vandag hulle nuwe Afrikaanse nuusafdeling verwelkom. Die Afrikaanse nuusspan sal ‘n Afrikaanse nuusdiens aan kykNET verskaf. Dit is ‘n verlenging van die ‘e’ handelsmerk en sal eNuus genoem word. Lees verder ...

 

  Direksie besluit vrouetydskrif "Femina" moet sluit

Die Media24-vrouetydskrif Femina sing sy swanesang. Me. Liezl de Swardt, uitgewer   van woman 360, ’n sake-eenheid van Media24, het gesê die maatskappy se direksie het voorgestel dat die tydskrif om finansiële oorwegings gesluit word. Lees verder ...

 

Onderhoud met misdadigers het e-tv in die sop

Die nuusredakteur en ’n joernalis van e.tv is gedagvaar om op 25 Januarie in die die   Johannesburgse landdroshof te verskyn in verband met ’n onderhoud wat met twee selferkende misdadigers gevoer is. Lees verder ...

 

Rekordgetal joernaliste sterf in 2009

Die getal joernaliste wat vanjaar dood is, het 'n  rekordgetal van 68 bereik.  Lees verder ...

 

Tjek-joernalistiek se prys

Eers was daar Joost van der Westhuizen se aanval op die media wat so inbreuk maak op sy en sy gesin se privaatheid. Toe was daar Robbie Klay wat erken dat hy gelieg het in ’n tydskrifonderhoud waarvoor hy R10 000 betaal is. Lees verder ...

 

  ‘Ek’s net gatvol’

Chris Louw, veteraan-joernalis en rubriekskrywer van “Boetman”-faam, het hom gister in die vroeë oggendure met ’n AK47 onder die ken geskiet. Lees verder ...

 

Channel O stel tydskrif vir albei geslagte bekend

Channel O, leier op die gebied van musiek-TV, het pas ’n nuwe tydskrif bekend gestel as handelsnaamverlenging van die kanaal. Lees verder ...

 

Mediakrag ontluik in Limpopo

Die media-eienaars van die topses onafhanklike streek- of gemeenskapskoerante in Limpopo het die stigting van ‘n nuwe media-struktuur (LiN) in die provinsie aangekondig. Limpopo Independent Newspaper (LiN) is ’n oorkoepelende maatskappy wat die belange van die voorste onafhanklike koerante in Limpopo — die Polokwane Observer in die hoofstad, Limpopo Mirror in Venda, Zoutpansberger in Louis Trichardt, Bulletin in Tzaneen, Die Pos in Bela Bela en Bosveld Bulletin in Lephalale — op nasionale en provinsiale vlak gaan behartig. Lees verder ...

 

Vrouetydskrifte + die internet = 'n blink toekoms

Tydskrifte moet voortdurend verander – ander stagneer hulle en is hulle gedoem. Maar hoe verander dié getroue drukmedia-metgesel van vele in die lig van al die tegnologiese ontwikkelings soos die internet? Amelia-May Woudstra het die invloed van die internet op die toekoms van vrouetydskrifte in Suid-Afrika ondersoek. Lees verder...

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster