Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse vir Ontspanning

 

Skryf hoef nie altyd werk te wees nie. En jy hoef nie altyd geld daarmee te verdien nie. Soms is dit lekker - en baie nodig - om sommer net te gaan sit en skryf omdat jy daarvan hou en omdat jy lus is om 'n projek aan te pak wat jou heel moontlik nie eens geld in die sak gaan bring nie. Die bevrediging wat só 'n projek inhou kan buitendien nie in geldwaarde gemeet word nie. Dink net hoe beïndruk jou familie, vriende, kinders en kleinkinders gaan wees as jy een van ons projekte aanpak - en voltooi. Sodoende laat jy 'n baie ryk nalatenskap aan jou mense oor waarop daar nie 'n prys kan wees nie.

 

Verewig jou familiegeskiedenis in 'n japtrap

Daar is tans ‘n groot herlewing in die area van genealogiese (familiegeskiedenis) navorsing. Meer mense as ooit voorheen vra wie hul ouers en voorouers was, en maak werk daarvan om te probeer uitvind. Dis nogal nie verbasend nie, omdat die “global village” idee nou eenmaal probeer om ‘n homogene groep tot stand te bring waarin ons almal min of meer dieselfde norme behoort te hê en dieselfde behoort te dink - en dalk almal familie kan wees. Volledige kursusbesonderhede

 

Terug na SKRYFKURSUSSE