SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Is jy baie lief daarvoor om te lees? Dit klink miskien na 'n voor die hand liggende vraag, maar jy moet régtig baie van lees hou om ‘n goeie redigeerder te kan wees.

Kan jy aanhou om iets te lees selfs al is dit sielsdodend? Dís die waterskeidingstoets vir enige redigeerder. As 'n professionele redigeerder gaan nie alles waaraan jy werk jou interesseer nie. In werklikheid sal sommige daarvan heel moontlik verskriklik vervelig wees, maar alles - van rillers tot handboeke tot handleidings vir gebruiksartikels - móét geredigeer word.

Het jy ‘n uitstekende taalaanvoeling? ‘n Liefde vir lees is belangrik, maar dit sal niks beteken as jy nie ‘n uitstekende taalaanvoeling het of oor ‘n grondige taalkennis beskik nie. Redigeerders word nie regtig gemaak nie; hulle word gebore. Mense het ‘n ingebore begrip van grammatika en van wat reg en verkeerd is in ‘n stuk teks. As jy voortdurend foute vind in alledaagse dinge wat jy lees, soos spyskaarte, opskrifte en selfs boeke, beskik jy oor ‘n goeie taalaanvoeling. Dít is noodsaaklik vir redigering.

Vra jou familie en vriende jou gereeld om belangrike dokumente vir hulle te proeflees of te verbeter? As baie mense in jou lewe jou met hulle belangrike dokumente vertrou, het jy moontlik reeds die nodige vaardighede om ‘n professionele redigeerder te wees.

Redigering is 'n uiters waardevolle vaardigheid en sterk in aanvraag omdat dit broodnodig is vir gedrukte sowel as aanlynkommunikasie. As jy dus 'n ywerige leser, superspeller, én 'n “taal-Nazi” is met 'n dodelike oog vir die fyner teksbesonderhede, moet jy sonder verwyl vir ons vlagskip-redigeringskursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent proeflees én redigering laat opdoen – met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.

En net om jou daardie effense voorsprong bo ander te gee, bestee ons ook 'n hele module aan redigering in Engels. Sodoende kan jy, na afloop van hierdie kursus, ook jou dienste in Engels aanbied. Dis dus 'n dubbeldoor-opsie!

Duur: 8 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 x 2

R1,670 x 3

R1,250 x 4

R1,000 x 5

R835 x 6

 

Verskil tussen proeflees en redigering

• Die teksproduksieproses

• Hoe om ‘n teks te redigeer

• Vlakke van redigering

• Volledige afdeling oor proeflees

• Hulpmiddels, uitleg, stylgidse, bronne, spelling

• Konsekwente punktuasie

• Maak seker van die Afrikaans wat jy gebruik

• Styl – syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

• Grammatikale wenke

• Werk elektronies – woordverwerker, internet, woordeboeke, sagteware

• Onfeilbare bronne

• Maniere om spelling te verbeter

• Die beste proefleeswenke ooit

• Pas jou kennis op verskillende genres toe

• Waar en hoe om werk te kry

• Teoretiese teksredigering

• Teksredaksie in die praktyk

• Inligting rondom lidmaatskap van taalverenigings en -organisasies

Etiese riglyne

Hulplyste

Vermy dié foute

• Werk vryskut 

• Selfredigering

The Write Stuff

Editing checklists

Common writing mistakes

 

 

Volledige studiepakket

    Omvattende studienotas (500 bladsye)

    • 30 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • 2 Aanlyneksamens om vaardighede in ‘n gekontroleerde opset te toets

    • Hulpdokumente

    • Gereedheidstoets + Kontrolelys

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    Gratis lidmaatskap van ons Vryskutnetwerk indien 'n slaagsyfer van 95% of meer behaal word.

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    E-boek: Jou vryskutbesigheid

    • Skryfgids: SAV Taalhandboek

    Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

    Spesiale verslag: Vryskutfinansies V & A

    • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Dagbeplanner

    • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Tydbeplanner

    • Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

    • Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke     

    • Kwartaallikse nuusbrief slegs vir redigeerders

 

Toelatingsvereistes

  • Uitstekende skryf- en taalvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Tyd benodig

Jy kan die kursus, wat oor 8 maande strek, algeheel teen jou eie pas aanpak, maar jy benodig minstens:

  • 30 ure vir leeswerk, en

  • 50 ure vir redigering, wat basies op sowat 2 ure per week neerkom.

  • 'n Ekstra maand is ook beskikbaar indien daar iets onverwags voorval. 'n Bykomende maand word ook outomaties bygevoeg indien jou kursus oor Desember strek.

  • Jy is natuurlik ook welkom om die kursus gouer te voltooi indien jy wil of kan.

 

Slaagvereistes

Minstens 90%

['n Gratis ekstra werkstuk is beskikbaar indien jy nie die vereiste 90% behaal nie.]


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar redigeringsaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse