SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
                                                                           
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Aan watter vereistes moet ek voldoen om 'n Sertifikaat van Voltooiing te kan verwerf?


 

Ons standaarde is hoog – sowel vir kursusopleiers as vir studente – want ons glo dat suksesvolle vryskutskrywers 'n soliede basis van kennis en vaardighede nodig het. Om 'n Sertifikaat van Voltooiing te ontvang, moet jy minstens 65% behaal in jou kursus. Hierdie slaagsyfer is nie toevallig nie; dit verseker dat jy, na afloop van jou kursus, werklik toegerus is om die opwindende en uitdagende wêreld van vryskutskryf met selfvertroue aan te pak.

Om 'n laer slaagsyfer toe te laat, sou vergelyk kan word met ‘n soldaat sonder sy geweer op die slagveld of ‘n dokter wat nie die nodige opleiding voltooi het nie, wat onaanvaarbaar is in 'n professionele omgewing. Ons wil hê jy moet ten volle voorbereid wees, nie net om ‘n kursus af te handel nie, maar om jou vryskutloopbaan régtig te KAN begin.

Elke kursus het 'n tydsbeperking, en jy moet al jou werkopdragte voltooi en instuur binne die gegewe tydraamwerk. As jy nie aan hierdie vereistes voldoen nie, sal jy jou Sertifikaat van Voltooiing verbeur. Ons gee geen uitstel nie, tensy daar ‘n geldige  rede is en jy betyds aansoek doen vir die uitstel.

* Let wel, die slaagsyfer van 65% geld vir alle skryf- of blitskursusse, met die uitsondering van Redigeringskursusse. In hierdie gevalle is die vereiste slaagsyfer ten minste vanaf 90% en selfs hoër. Die rede vir hierdie hoër vereistes is dat daar min of geen ruimte vir foute is in proeflees en redigering nie. 'n Proefleser of redigeerder moet 100% akkuraat werk, want selfs die kleinste fout kan die integriteit van die werk benadeel. As die opleiding ‘n laer standaard vereis, is die uiteindelike doelwit nie bereik nie.

Vir die Skryf 'n Boek-kursusse is daar geen puntetoekennings nie, maar jy móét ‘n voltooide boekmanuskrip indien om die kursus suksesvol af te sluit. Die doel van hierdie kursusse is juis om jou in staat te stel om ‘n professionele, persklaar manuskrip te lewer, gereed om aan ‘n uitgewer voorgelê te word of vir selfpublikasie.

  <<< Is SAV se kursusse geakkrediteer?

        Hoe registreer ek? >>>   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse