SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Vonkfiksie ontlont

Vonkfiksie (kort kortverhaal) is die nuutste skryfgenre wat vinnig besig is om die wêreld te verower. En met weeklikse kompetisies om skrywers geïnteresseerd en gemotiveerd te hou is bykans elke tydskrif deesdae deel van die "vonkfiksie"-beweging.

Dis vinnige fiksie vir ons vinnige wêreld. Dis fiksie vir skrywers wat nie woorde verspil of doekies omdraai nie. Dis kort, blitsig en tot die punt. Dis uitdagend en dis pret.

As jy dus een van daardie skrywers is wat weet wat om met so min woorde moontlik te sê, én jy kan jou leser se belangstelling tot aan die einde van jou paar woorde geprikkel hou, is jy heel moontlik 'n vonkfiksieskrywer-in-wording.

As jy boonop van skryfkompetisies hou, moet jy sommer dadelik inskryf. Jy kan met 300 woorde begin, afwentel na 150 woorde en jou skryfwerk tot so 'n mate slyp dat jy uiteindelik slegs 55 woorde benodig om 'n hele verhaal in te vertel. Dan, nè, is jy wraggies 'n skrywer van formaat!

Duur: 2 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,000

Afbetalingsopsies

R500 X 2

 

• Wat is vonkfiksie?

• 'n Klein idee

• Die geheim lê in die aanhef

• Waar begin die aksie?

• Hoeveel woorde?

• Fokus jou fokus

• Hou die leser aan die raai

• Verwysings as 'n kortpad

• 'n Kinkel in die stertkabel

• Vonkfiksiekompetisies en publikasiemoontlikhede

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (30 bladsye)

  • 6 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 2 vonkfiksieverhale

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

 

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

 

Minstens 65% + TWEE voltooide vonkfiksieverhale


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse