Welkom by SA Vryskutskrywer - Algemene Joernalistieke skryfkursusse

 

Praktiese kursus in Artikels skryf

 

Jou persoonlike opleier:

Leoni Benghiat

                  

 

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

As jy een van daardie mense is wat nie verby 'n nuusagentskap kan stap sonder om in te glip om 'n armvol tydskrifte te koop en dan skaars kan wag om by die huis te kom om die artikels te begn lees nie, dan is jy heel moontlik van die regte stoffasie gemaak om self artikels te skryf.

Maar, net om doodseker te maak ... lees jy elke artikel met 'n arendsoog? Weet jy dat daar meer as 'n honderd Afrikaanse tydskrifte is? Kyk jy na die naam van die artikelskrywer? Het jy voorkeure vir sommige skrywers se artikels? Het jy al opgelet dat verskillende tydskrifte verskillende style vir hulle artikels het? Voel jy jy beskik oor genoeg stof en idees om self artikels te kan skryf?

En laastens ... het jy 'n dringende begeerte om jou naam in druk te sien - in 'n byline?

Indien jy bogenoemde eienskappe in jouself herken, is dit dalk tyd om jou rekenaar nader te trek en self te begin skryf.

Ons wys jou vinnig en deeglik alles wat jy moet weet om self tydskrifartikels te kan skryf - en sommer geld te verdien terwyl jy dit doen. Hierdie is jou kursus; die een waarvoor jy gewag het - algeheel prakties en met genoeg skryfoefeninge om jou skryftalent blitsig te ontgin en jou op die regte spoor te kry.

                 

Kursusbesonderhede:

 

Wat jy sal leer:

 

Volledige kursussamestelling:

Toelatingsvereistes:

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

      Skryfkursusse                      Sluit Venster