SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Blogs bied kommentaar of nuus in werklike tyd oor 'n spesifieke onderwerp, soos diere, politiek, plaaslike nuus of sommer net jou eie gedagtes. Geen wonder dus dat baie blogs soos 'n persoonlike aanlyn-dagboek funksioneer nie. Die meerderheid dien egter as 'n virtuele voorportaal vir 'n sakebedryf.

Dikwels vind 'n doodgewone blog wat deur 'n doodgewone mens bedryf word, sy pad na 'n uitgewer toe - met skouspelagtige gevolge wanneer dié boek die winkelrakke tref.

'n Tipiese blog kombineer teks, beelde en skakels na ander blogs, webwerwe en media verwant aan die onderwerp. Die meeste blogs is hoofsaaklik teksgedrewe, hoewel heelwat deesdae as fotoblogs bedryf word.

Kortliks kom dit daarop neer dat 'n blog deesdae 'n uiters gewilde kommunikasiemedium is wat maklik op die been gekry kan word. Dis ook eenvoudig om te onderhou. As jy dus teen hierdie tyd nog nie jou eie blog het nie, is dit hoog tyd dat jy een begin. Ons sal jou wys hoe.

Click here for the English version: 1-2-3 Blog yourself      

 

Duur: 2 maande 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

 

  • Kies 'n onderwerp vir jou blog - waaroor wil jy skryf en waarom?

  • Begin jou blog

  • Hoe om vir die web te skryf

  • Struktuur van ‘n webartikel - formaat en uitleg

  • Hoe word bronne aangewend en erken?

  • SEO is só belangrik

  • Webplagiaat

  • Maak geld met jou blog

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 'n Deurlopende praktiese internetoefening wat tot 'n funksionerende blog lei

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

Spesiale verslag: SEO-kulblad   

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65%

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse