Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywer in die KOLLIG
Welkom by SA Vryskutskrywer se afdeling waar ons eksklusiewe onderhoude met skrywers voer.
Die skrywersprofiele word gereeld bygewerk en met nuwes vervang, so kom maak gereeld hier 'n draai om te sien of jóú gunsteling-skrywer nie dalk al 'n beurt gekry het nie.
Kontak ons gerus met enige voorstelle of vir skrywersprofiele of volledige onderhoude met skrywers - ons sal dit graag publiseer.
Rhona Scheepers
Rhona Scheepers se eerste
boek, Pedale van Papier,
was 'n wegholsukses. Die
maak van 'n fliek van die
boek is reeds aan die gang.
Haar uitgewer,
Naledi, reken
Hartskeur, haar tweede
boek, beskik ook oor al die
elemente om 'n treffer te
wees. Hoewel Rhona eerder
haar sleutelbord die
praatwerk laat doen, vertel
sy hier 'n bietjie meer
omtrent haarself en haar
skryfwerk.
As onderwyseres is Rhona besig. Baie besig. Daarby het sy twee dogters grootgemaak. Albei is reeds getroud en sy is al die trotse ouma van ’n kleindogter. Tog maak sy tyd vir skryf, meestal snags en gedurende skoolvakansies. En miskien help dit as haar man meestal weg van die huis af werk ...
Skryf is vir haar harde werk omdat sy lank daaroor moet dink en baie navorsing moet doen. (Is dit waarom dat haar boeke so ’n sukses is?) Sy sê dat sy beslis nie so bevoorreg is dat woorde sommer moeiteloos uit haar vloei nie!
Sy vertel dat Hartskeur ’n boek met verskeie emosionele pyne is wat na die voorgrond kom, soos uit die titel afgelei kan word. Haar stories is op ware gebeure en werklike mense gegrond. Daarom kan lesers hulle maklik met die karakters en milieu identifiseer. Sy het bykans twee jaar aan Hartskeur gewerk. Haar storie-idees kom dus uit die werklikheid self.
Dit is meestal net sy en
haar rekenaar in haar
skryfplek, maar, sê sy,
“Met die navorsing kom
die deurmekaargeit. Ai
tog!” Hierdie navorsing
behels ook dat sy graag
self na plekke ry en die
betrokkenes self gaan
sien. Met die
perdefluisteraar moes sy
byvoorbeeld Klein Karoo
toe ry om die nodige
inligting eerstehands
te
kon kry.
Haar eerste boek, Pedale van Papier, word reeds verfilm en dit is iets waarop sy baie trots is. Alhoewel sy nie direk met die maak van die fliek betrokke is nie, word haar insette wel in ag geneem. Sy is juis besig met die herskryf daarvan in ’n draaiboek. Die fliek behoort so oor ’n jaar in die teaters te draai.
Rhona is baie positief oor die toekoms van die Afrikaanse boek omdat daar genoeg lesers is en mense wat wil lees, wel sal lees.
Sy is ook reeds besig met ’n volgende boek.
As skrywer kan sy glad nie klaarkom sonder boeke, haar rekenaar en gebed nie. Self lees sy baie, en veral boeke van Isa Konrad.
Raad aan beginnerskrywers? “Moet nooit ophou na die eerste probeer nie. Probeer weer. Lees om te onthou. Maak vrede met kritiek.”
© 2016. SA Vryskutskrywer. Alle Regte Voorbehou.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.