


Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief
SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike
verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief
ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige
ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik
hierdie skakel om in te teken en jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.

Hallo Skrywers!
Hierdie tyd van die jaar is tradisioneel die tyd om
terug te kyk op die jaar wat was. Nuusmedia staan yslike spasie af
aan alles wat gebeur het — van wêreld- en plaaslike gebeure tot
bekende persone wat ons verloor het, en tendense wat ons lewens
geraak het. Selfs die klein oomblikke, die stories van alledaagse
lewe, kry ’n plek in hierdie terugskoue.
In hierdie nuusbrief wil ek jou egter eerder saamneem op ’n reis
vorentoe. Watter idees wag om in 2026 ontdek te word? Hoe kan jy jou
vryskutbesigheid pantser? Watter nuwe stories staan gereed om
geskryf te word? Hierdie is nie net ’n tyd om te reflekteer oor wat
was nie, maar om jou oë oop te maak vir wat kan wees. Laat jou
inspirasie herleef, gee jou verbeelding weer vrye teuels, en laat
jou kreatiwiteit jou na nuwe moontlikhede lei vir die jaar wat
voorlê. Want elke einde dra die saad van ’n nuwe begin.
Maak jouself dus gemaklik, trek 'n koppie koffie nader en begin
lees. Hier's BAIE inligting wat jou sommer die hele vakansie kan
besig hou!
Alle voorspoed vir 2026 en ek hoop werklik al jou skrywersdrome sal waar word.
![]()
Die Afrikaanse Boekebedryf in 2024: Statistieke, Tendense en Geleenthede
Die Afrikaanse boekemark is ’n unieke en dinamiese segment van die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Ondanks sy relatief klein grootte in vergelyking met Engels, vertoon die mark ’n konstante aanvraag − veral in skole − onder jong lesers en in die nissegment van fiksie en geïllustreerde boeke. Lees volledige artikel.
Vryskutskryf in 2026
Die landskap van vryskutwerk verander vinnig. Vryskutskrywers sal in 2026 nie net met mede-vryskutskrywers moet kompeteer nie, maar ook met tegnologie soos kunsmatige intelligense (KI) en globale platforms. Om suksesvol te wees, moet vryskutskrywer leer om strategies, vaardig en aanpasbaar te wees. Ons ondersoek hier 'n paar belangrike aspekte van aanpassing en groei in die komende jaar. Lees volledige artikel.
Kernvaardighede vir Vryskutskrywers in 2026
Vir vryskutskrywers is vaardighede nie net ’n bykomende bonus nie – dit is die fondasie van volhoubare sukses. Om nie net werk te kry nie, maar ook jou kliënte te behou en jou eie besigheid te laat groei, verg ’n kombinasie van tegniese skryfvaardigheid, selfdissipline, navorsing en bemarking. Ons kyk hier na die belangrikste vaardighede vir vryskutskrywers, met praktiese wenke oor hoe om elkeen te ontwikkel. Lees volledige artikel.
Jou boek is pas selfgepubliseer, maar wat nou?
Jy het dit reggekry. Na maande, of selfs jare, van woorde, redigering, nagte sonder slaap en baie selftwyfel, het jy uiteindelik jou boek self gepubliseer. Dit is ’n gróót prestasie – en een wat beslis gevier moet word. Maar hier kom die volgende − en uiters uitdagende − vraag: WAT NOU? Hoe laat jy mense weet van jou pennevrug? En, selfs nog méér uitdagend − hoe oorreed jy hulle om dit te koop? Selfpublisering is bevrydend, maar dit beteken ook dat jy nie net die skrywer is nie, maar nou is jy sommer ook jou eie bemarker, verkoopsagent en selfs jou hele eie PR-span! Ons het ‘n gestruktureerde gids saamgestel om jou te help om jou boek effektief onder die aandag van lesers te bring. Lees volledige artikel.
2026 is jóú jaar om gepubliseer te word
Om ’n boek of verhaal gepubliseer te sien, kan soms soos ’n onbereikbare droom voel. Die wêreld van skryf en publikasie het deurlopend verander, veral met die koms van digitale platforms, selfpublisering en nuwe leserneigings wat soos paddastoele opspring. Maar die goeie nuus is: daar is nou meer maniere as ooit om jou stem te laat hoor en jou werk in die hande van lesers te kry. Hier is ’n stap-vir-stap gids om jou skryfreis in 2026 suksesvol te begin. Lees volledige artikel.
Skryfkompetisies - waarom jy móét inskryf
Elke skrywer ken daardie gevoel: jy wil skryf, jy beplan om te skryf … maar dan glip die dae verby en jou notaboek en rekenaarskerm bly skoon. Daarom is skryfkompetisies só ’n waardevolle hulpmiddel — hulle lok jou terug na die bladsy met struktuur, fokus en ’n doelwit wat jy nie sommer kan ignoreer nie. En omdat dit #DinsdagDoendinge is, fokus ons nie net op inspirasie nie, maar op aksie. Vandag is die ideale dag om vir ’n kompetisie in te skryf — al is dit net een — en jou skryfwerk ’n hupstoot te gee.
Hier is hoekom… én watter kompetisies jy kan oorweeg. Lees die artikel op ons blog.
![]()

Paul c. venter
Met ’n skryfloopbaan wat oor genres, platforms en dekades strek, is
Paul C. Venter ’n stem wat moeilik in ’n enkele boksie vasgevang kan word. As skrywer en storieverteller het hy ’n besondere vermoë om komplekse menslike ervarings toeganklik en eerlik te verwoord—of dit nou in die vorm van televisie, prosa of ander narratiewe vorme is. In hierdie onderhoud gesels ons met hom oor sy skryfpad, sy benadering tot storie en karakter, en die insigte wat hy oor die jare opgebou het in ’n bedryf wat voortdurend verander. Lees die volledige onderhoud hier.

Louis Holtzhausen
Met Die Skaaktowenaar van Grootbos betree
Louis Holtzhausen die wêreld van kinder- en jeugliteratuur met ’n storie wat speelsheid, verbeelding en lewenswysheid op ’n besonder toeganklike manier kombineer. Deur pratende diere, humoristiese dialoog en ’n avontuurlike storielyn verweef hy die wêreld van skaak met temas soos konsentrasie, deursettingsvermoë, omgee en groei — sonder dat dit ooit soos ’n les voel. In hierdie skrywersonderhoud gesels ons met hom oor die herinneringe en ervarings wat die saad vir die verhaal geplant het, sy kreatiewe proses, die balans tussen vermaak en betekenis, en waarom hy glo dat ’n goeie storie kinders (en volwassenes) kan laat dink, lag én droom. Lees die volledige onderhoud hier.

erika barnes
As digter en skrywer wat haar Afrikaanse stem vanuit die Verenigde Arabiese Emirate laat weerklink, beliggaam Erika Barnes die krag van taal oor grense heen. Haar digbundel, KLEURVOL, is diep gewortel in temas van diaspora, verlange, verbode liefde, hoop en aanvaarding — ’n poëtiese ruimte waar emosie, kleur en eerlikheid mekaar ontmoet. In hierdie skrywersonderhoud gesels ons met haar oor hoe afstand haar taal verryk eerder as verswak, hoe nuwe landskappe en kulture haar beeldspraak verdiep, en hoe sy deur rou, storiegedrewe poësie ’n viering van liefde en hoop skep wat ver buite Suid-Afrika resoneer. Lees de volledige onderhoud hier.
![]()
Hier is ’n klompie gratis aflaaibare dokumente om jou skryfwerk te ondersteun en bevorder — of jy nou idees soek, momentum wil bou, of net weer met vars oë na jou woorde wil kyk. Gebruik dit teen jou eie tempo, druk dit uit of werk digitaal, en laat dit jou help om met meer fokus en vrymoedigheid te skryf. Onthou ... 2026 is Jóú skryfsuksesjaar!
Skryfkompetisies
• Tydbeplannersgids vir Vryskutskrywers
• Vryskutdiensbekendstellingsgids
• Skryfjoernaal - 30 Dae van doelgerigte skryfwerk
• Skryfinspirasie - om jou aan die skryf te kry
• 30-dae Bemarkingskalender vir jou selfgepubliseerde boek
• SA Vryskutskrywer Vryskuthandboek
![]()

As netwerklid bring
Chris Jooste meer as vier dekades se joernalistieke ervaring na die tafel — ’n loopbaan wat diep wortel geskiet het in die koerantwese en later sterk uitgebrei het in landbou- en vaktydskrifte. Van Die Volksblad tot Landbouweekblad, OVK-Nuus en Stockfarm het hy ’n sleutelrol gespeel as verslaggewer, vertaler, subredakteur en uiteindelik hoofsubredakteur. Sy joernalistieke pad getuig van ’n fyn oog vir taal, ’n onwrikbare verbintenis tot akkuraatheid en ’n besondere vermoë om komplekse inligting helder, bondig en toeganklik te maak — vaardighede wat hom nie net ’n gerespekteerde redigeerder nie, maar ook ’n waardevolle mentor vir jong joernaliste gemaak het. Ons het bietjie met hom gesels oor sy loopbaan. Lees die onderhoud hier.
In
’n tyd waar inhoud in oorvloed beskikbaar is, maar betekenisvolle
stories skaars voel, staan

|
Time 2025 Persoon van die Jaar Die gesaghebbende tydskrif, Time, het aangekondig dat die "argitekte van KI" hul Persoon van die Jaar is. KI sluit beslis 'n buitengewone jaar af, en baie KI-sakebestuurders het bekende name geword.
|
Google-soektogte 2025: Waarna Suid-Afrikaners die meeste gesoek het Google se Year in Search-verslag vir 2025 wys duidelik waar Suid-Afrikaners se aandag dié jaar was. Die e-handelsplatform Temu het heel bo uitgekom as die mees gesoekte term, gevolg deur generaal Nhlanhla Mkhwanazi, wie se naam dwarsdeur die media gedruis het.
|
|
Wat wag in 2026? – The Economist se voorspellings The Economist se World Ahead 2026‑verslag kyk vooruit na ’n jaar vol uitdagings en geleenthede wêreldwyd. Hier is die hoofpunte: |
2025 se Woord van die Jaar Die aanlyn woordeboek, Dictionary.com het die term “6 7”, wat ses sewe uitgespreek word, aangewys as sy Woord van die Jaar vir 2025, ondanks die feit dat dit meer ’n uitroep of sinsnede as ’n klassieke woord is.
|
|
Nuwe Afrikaanse koerant Die Papier, ʼn nuwe weeklikse koerant, maak op 6 Maart volgende jaar vir die eerste keer sy verskyning.
|
100 jaar, 100 beste Afrikaanse boeke In die jaar waarin Afrikaans sy honderdste bestaansjaar as amptelike taal vier, het Skryfnet – Maroela Media en Akademia se skryfskool – besluit om hulde te bring aan die stories en skrywers wat Afrikaners se wêreld oor hierdie eeu verryk het.
|
|
Nuuseum laat argiewe leef Nuuseum, ‘n maatskappy sonder winsbejag wat die breë Afrikaanse kultuurerfenis digitaal wil bewaar en ontsluit, is onlangs in Stellenbosch bekendgestel.
|
Nuwe Afrikaanse tydskrifte
· Nuusweek · Inkpols · Naskrif · OntLaer · Binne+Land
|
Lees die
volledige inligting
HIER.
![]()
-
Knap jou skryfvaardighede op met 'n SKRYFKURSUS van SA Vryskutskrywer.
-
Deel jou stories en gedigte op ons gratis SKRYFKLUB.
-
Teken in op SA Vryskutskrywer se BLOK se blok en kry daaglikse skryfwenke in jou inbussie.
-
Laat ons jou pennevrug tot volmaaktheid poleer met ons REDIGERINGSDIENS.
-
Deur middel van ons PROFESSIONELE DIENSTE help ons graag om jou met enige tipe skryfwerk te help.
-
Laai nog nuttige GRATIS goed hier af.
-
Vind uit watter SKRYFLOOPBAAN geskik is vir jou.
-
Stap virtueel deur ons KUBERWINKEL en kry 'n produk wat jou skryfwerk sal bevorder.
|
| ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 









