Welkom by SA Vryskutskrywer - Slypskole
SA Vryskutskrywer het heelwat medewerkers en elkeen van ons se doelwit is dieselfde: om veral beginner-skrywers met raad en daad by te staan om hul skryfdrome te verwesenlik. Om hierdie ideaal te verwesenlik het SA Vryskutskrywer saamgespan met die Facebook-skryfgroepe, SA Skrywers, SA Kinderboekskrywers en Padlangs vir skrywers en digters, om jaarlikse slypskole in die skryf van 'n roman en 'n kinderboek, asook 'n unieke poësieverrykingskursus, aan te bied.
Ons slypskole is deeglik, uiters bekostigbaar en gerieflik, want jy hoef nêrens heen te gaan nie; jy woon die slypskool via Facebook en e-pos vanuit die gerief van jou huis of kantoor by. En jy betaal maandeliks. Wat is makliker of meer bekostigbaar?
Rubriekslypskool
Duur van slypskool: 1 maand
Modules: 1 module
Fooi: R200 - eenmalige betaling
Slypskooldatums: Nuwe slypskool elke maand
Volledige kursusinhoud
• Definisie van 'n rubriek
• Vereistes vir 'n geslaagde rubriek
•
Ontleding van rubriekinhoud• Skryfwenke
• Kenmerke van geslaagde rubrieke
• 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word
• Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die slypskool
• Gedeeltelike manuskripbeoordeling
• Publikasiehulp
Aanbieder: Leoni Benghiat (SA Vryskutskrywer)
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.