SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf jou eie KOOKBOEK

Vra vriende of familie jou gereeld vir afskrifte van jou resepte of stel selfs voor dat jy jou resepte in ‘n kookboek publiseer?

 

Dalk kry jy aanhoudend versoeke van jou bloglesers om ‘n eenvoudige resepteboek saam te stel sodat almal in jou kookkunsvaardighede kan deel? Miskien het jy net lus om jou staatmaker-familieresepte in ‘n kookboek vir jou kinders en kleinkinders te verewig? Of anders wil jy dalk ander mense inspireer deur ‘n eksklusiewe kookkunsstyl, ‘n spesifieke gebak of ‘n nuwe bestanddeel waarvoor jy ‘n passie ontwikkel het?

 

Kortom, as jy ‘n passie vir bak en brou het, kan jy jou eie kookboek skryf én publiseer. Dis net so maklik soos om ‘n eier te skei!

 

Duur: 6 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R3,000

Afbetalingsopsies

R1,500 X 2

R1,000 X 3

R750X 4

R600 X 5

 

• Kies jou genre: tradisioneel, familieresepte, gespesialiseerd

• Bestanddele vir ‘n kookboek wat kóók

• Vir wie skryf jy die kookboek?

• Hoe om ‘n resep soos ‘n professionele sjef te skryf

• Foto’s, illustrasies en stilering

• Selfredigering

• Kopieregkwessies en bronne

• Kookboeketiek

• Berei die manuskrip voor

• Publikasiemoontlikhede en –wenke

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • 5 Praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

  • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare kookboekmanuskrip te kan voorlê

  • 1 manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Hulpdokumente, template

  • Manuskripbeoordeling van voltooide manuskrip

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Databasis: Afrikaanse kookboekuitgewers

    Spesiale verslag: Hoe om jou boek te bemark

    Skedules en template vir die boek en resepte

    Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

 

Toelatingsvereistes

Goeie skryfvaardighede

Minstens EEN werkbare tema of idee vir 'n kook- of resepteboek

Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang, kamera

Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Voltooide boekmanuskrip

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse