Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Ontdek die lonende bedryf
van Korporatiewe joernalistiek
Wat is korporatiewe joernalistiek?
Dis enige soort nie-fiktiewe skryfwerk wat nie noodwendig bedoel is vir die breë algemene publiek nie. Anders as algemene joernalistiek, fokus korporatiewe joernalistiek op spesialis-onderwerpe en word dit dikwels in opdrag van instansies, organisasies of vaktydskrifte gedoen. Dit behels deeglike navorsing, samewerking met kenners en die samestelling van artikels wat ingelig, gesaghebbend en toegespits is. Dít is die amptelike definisie.
Maar ons glo dis méér as dit.
As jy die tipe skrywer is wat nie skrik vir ure se navorsing om een enkele artikel reg te kry nie – dan is hierdie kursus vir jou.
As jy passievol is oor jou vakgebied, en graag daaroor wil skryf – selfs al beland jou artikel nie op die rak van die plaaslike supermark nie – dan is jy ’n natuurlike korporatiewe joernalis.
En dalk belangriker as al die bogenoemde: As jy graag oor enigiets en alles skryf – van molekulêre biologie tot stedelike beplanning – dan is jy die soort skrywer vir wie hierdie kursus geskep is.
-
Wat is ’n korporatiewe publikasie?
-
Wat is die voordele daaraan om vir korporatiewe publikasies te skryf?
-
Moet ek ’n kenner wees op die spesifieke gebied waaroor ek skryf?
-
Waar pas advertensie-artikels in die prentjie?
-
Hoe vind ek uit watter korporatiewe publikasies bestaan?
-
Navorsingsmetodes en -wenke
-
Tipes korporatiewe publikasies
-
Só skryf jy: advertensie-artikels, nuusbriewe, nistydskrifte, maatskappytydskrifte, ens
-
Hoe kry ek my werk in die gedrukte media gepubliseer?
-
Hoe maak ek seker daar het geen foute in my artikel ingesluip nie?
-
Is dit lonend om vir korporatiewe publikasies te skryf?
-
Wenke wat werk
Volledige
studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (150 bladsye)
-
5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 Vollengte persklaar-artikel wat gereed is om verkoop te word
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65% + persklaar artikel
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.