SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Ø Stel jy belang in die nuus?

Ø Wil jy graag deel wees van nuusinsameling?

Ø Wil jy jou naam in druk sien?

Ø Loop jy nooit 'n belangrike gebeurtenis mis nie?

Ø Is jy nogal bedrewe met die pen en kamera?

Die toekoms van nuusverslaggewing lê nie net by beroepsjoernaliste nie – dit lê by Jan en Alleman. Want niemand is vandag beter toegerus om blitsig ’n nuusstorie op te spoor en met die wêreld te deel as die gewone mens nie. Al wat jy nodig het, is ’n selfoon en/of rekenaar en ’n internetverbinding – en jy kan binne minute jou stories na groot nuusorganisasies stuur - en daarvoor betaal word.

Dink daaraan: Die eerste berig oor die verwoestende aardbewing in Haïti is deur ’n gewone burger aanlyn geplaas. Michael Jackson se dood is nie deur ’n tradisionele nuuskanaal bekend gemaak nie, maar deur iemand op ’n sosiale netwerk. In oorloggeteisterde Afghanistan het burgers noodgedwonge die enigste skakels met die buitewêreld geword – en in Washington was dit ’n bystander wat die eerste beeldmateriaal van die botsing tussen ’n helikopter en ’n passasiersvliegtuig vir CNN gestuur het.

Skielik begin die groot mediamagnate regop sit – en besef dat die gewone mens dikwels die eerste op die toneel is. Hulle besef: dié “almalmens” het die vermoë om hul oë en ore te wees op plekke waar hulle self nie kan kom nie.

Met die regte kennis en gereedskap kan jy vandag nog begin bou aan ’n opwindende tweede loopbaan as allemansjoernalis (citizen journalist). As jy droom van ’n sinvolle en dinamiese manier om ekstra geld te verdien – sonder om jou huidige werk op te gee – dan is hierdie kursus nommerpas vir jou.

* Let wel: hierdie kursus is veral geskik vir diegene wat graag vir hul plaaslike koerant wil werk.

Duur: 3 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,800

Afbetalingsopsies

R900 X 2

 

  • Inleiding tot Allemansjoernalistiek (citizen's journalism)

  • Waar kan jy jou werk verkoop?

  • Hoeveel geld kan jy verdien?

  • Verstaan waarom Allemansjoernalistiek bestaansreg in die huidige samelewing het

  • Verstaan hoe die nuushiërargie werk

  • Weet uit watter elemente 'n goeie nuusberig bestaan

  • Leer die funksies van die vier Ws & H en die omgekeerde piramide

  • Verstaan die regsreëls van die joernalistieke erekode

  • Leer die korrekte protokol rondom die dekking van hofstories

  • Mediakonferensies, etiek en nuusbronne

  • Werk daaraan om foutlose grammatika te gebruik

  • Vergewis jouself van kontrakte, intellektuele eiendomsreg en kopiereg

  • Weet hoe om fotografie as hulpmiddel vir jou stories in te span

  • * NUUT: Skryf vir die web

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (80 bladsye)

  • 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 3 Nuusfoto's

  • 1 Persklaar berig met foto's wat na afloop van die kursus aan 'n publikasie voorgelê kan word

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Databasis: Allemansjoernalistiek

Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark   

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Digitale kamera of selfoonkamera

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65%

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse