SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf 'n DDS-/Selfhelp-boek

Elke mens het kennis van iets. Sommige mense het méér kennis van 'n bepaalde onderwerp as iemand anders. En waarom nie jou spesifieke kennis met die res van die wêreld deel terwyl jy sommer 'n bietjie geldjies daarmee verdien nie?

Nou's die paar groot vrae... is jy passievol oor 'n spesifieke onderwerp?

Beskik jy oor aansienlik meer kennis oor 'n spesifieke onderwerp as jou buurman?

Het jy die vermoë om mense te motiveer of moed in te praat?

Het jy enige kwalifikasies wat jou in staat stel mense in nood met raad by te staan?

Wat ook al jou kennis of ervaring... iewers daarbuite is iemand wat jou kundigheid benodig, so waarom nie 'n hele klomp mense gelyktydig bereik deur 'n boek te skryf nie? Begin sommer vandag! Jou leserspubliek wag...

Duur: 5-10 maande 

Modules: 6 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500

X 2

R1,667

X 3

R1,250

X 4

R1,000

X 5

R835

X 6

 

Waaroor wil jy skryf en het jy genoeg kennis?

• Waarom wil jy 'n "Doen dit self"- of selfhelp-boek skryf?

• Kies jou onderwerp

• Kontak die uitgewer

• Bronne, plagiaat

• Onderhoude

• Navorsing

• Foto's en illustrasies

• Ondersteunende elemente, taalgebruik, leestekens

• Berei die manuskrip voor

• Die boek se struktuur

• Die uitgewer: kontrak

• Die publikasieproses

• Kopieregkwessies

• Proeflees en redigering

• E-uitgewery, selfpublikasie

Publikasiemoontlikhede en -wenke

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare boekmanuskrip te kan voorlê

  • 1 manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Hulpdokumente, template

  • Manuskripbeoordeling van voltooide  manuskrip*

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Databasis: Afrikaanse uitgewers

    Spesiale verslag: Hoe om navorsing te doen

    Template vir beplanning, inhoud en boekformaat

    Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

    Spesiale verslag: Neem beter foto's

    Navorsingsdatabasis

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Volledige boekmanuskrip

* Slegs 'n VOLTOOIDE manuskrip kom in aanmerking vir die manuskripbeoordelingsdiens.


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse