SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

’n Goeie toespraak kan die emosies prikkel, mense bymekaar bring, broodnodige gerusstelling verskaf of individue se sienings oortuigend beïnvloed. Om die waarheid te sê: Die beste toesprake het selfs die verloop van die geskiedenis verander! Daarom moet die mag verbonde aan openbare redevoering nooit onderskat word nie. Ongelukkig kan hierdie wete groot druk op die skouers van 'n toespraakskrywer plaas.

So dalk is jy ‘n ma wat graag jou spruit wil help met die skryf van ‘n puik redenaarstoespraak – of sommer net ‘n klastoespraak. Of – en hierdie idee is nóg beter – jy’s ‘n aspirant-redenaar wat graag jou eie toespraak wil skryf om daarmee te WEN!

Dalk moet jy ‘n toespraak vir ‘n opkomende bruilof skryf of sommer net ‘n gewone toespraak wat voor ‘n klomp ingeligte mense gelewer moet word.

Hierdie kursus is ideaal om enige toespraakskrywer die fynere kunsies van navorsing, bronne en die uiteindelike skryfwerk te leer. Ons is half lus om te waarborg dat jou toespraak aandag sal trek, punte sal wen of sommer net mense lekker laat saamkuier.

Kom... waag dit en skryf in!

Duur: 1 maand

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R800

 

• Struktuur van ‘n toespraak

• Lengte, tydsduur, woordtelling

• Verskillende tipes toesprake

• Beredenered

• Oortuigend

• Algemeen

• Geskikte onderwerpe en wat om te vermy

• Argumente, humor, kennis

• Navorsing en bronne

• Skryfstyl

• Wenke vir ‘n wen-toespraak

• Plagiaat en kopiereg

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (25 bladsye)

    • Praktiese werkopdragte wat deur jou opleier nagesien word

    • Navorsingswenke

    • Voltooide toespraak waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

    'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

• Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke     

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

70% + voltooide toespraak

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse