SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Skryfaanhalings

Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop  soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?


 

Dit lyk eenmaal onfeilbaar: vrees, dit laat die mens koerante lees. ~ Pirow Bekker

 

God skep hoop en die koerante skep verwagtinge. ~ Marthinus Versfeld

 

Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede. ~ Edmond de Goncourt

 

Die eerste plig van 'n onbekende skrywer is om interessant te wees. Om vervelig te wees is die voorreg van reeds beroemde skrywers. ~ Emile Berr

 

Die gevaarlikste struikelblok vir 'n jong skrywer is nie sy eerste werk nie, maar sy tweede. ~ Fliegende Blatter

 

'n Goeie boek is een wat met groot verwagting oopgemaak en met groot wins toegemaak word. ~ Amos Bronson Alcott

 

'n Vrye pers kan goed of sleg wees, maar sonder persvryheid is die pers gewis niks anders as sleg nie. ~ Albert Camus

 

Iemand wat kritiseer sonder dat hy al self geproduseer het, is 'n oneerlike mens. ~ Jule Janin

 

Vryheid van die pers is nie 'n doel op sigself nie, maar 'n middel om 'n vrye gemeenskap daar te stel. ~ Felix Frankfurter

 


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse