SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Wat is die toelatingsvereistes?


 

 

Geredelike internettoegang en rekenaargeletterdheid is noodsaaklik omdat al ons kursusse deur middel van e-pos aangebied word.

'n Betroubare rekenaar met verkieslik Microsoft Word of Apache Open Office as woordverwerker en Adobe Acrobat Reader om kursusmateriaal in PDF-formaat te kan lees.

  • Vir beginners in joernalistiek vereis die meerderheid van ons Gespesialiseerde / Gevorderde Joernalistieke kursusse dat jy minstens eers die Basiese kursus in Joernalistiek onder die knie moet hê omdat dit bykans onmoontlik is om sonder enige agtergrondkennis 'n gevorderde kursus in joernalistiek aan te pak.

  • Vir sommige kursusse moet jy 'n kamera of selfoon met 'n goeie kamera beskikbaar hê.

  • Ons verwag ook dat jy, as voornemende skrywer, die basiese skryftegnieke soos grammatika en taalstyle reeds onder die knie sal hê. 

  • Die enigste ander vereistes wat jy nog benodig om vir ‘n kursus in te skryf is deursettingsvermoë, belangstelling in skryfwerk en die ywer om te verseker dat jy in die mededingende wêreld van vryskutskryfwerk ‘n sukses sal kan wees.

  <<< Wat maak SAV se skryfkursusse uniek?

        Watter baat kan ek by SAV se skryfkursusse vind? >>>   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse