SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfmekka

Redakteurs en tydskrifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.

 

Klik net op die skakel om na die volledige berig of persverklaring herlei te word, indien van toepassing.

Kontak ons met enige bedryfsnuus.


rooi rose vier haar terugkeer na die rakke! Ja, jy het reg gelees – na ’n afwesigheid van ’n jaar en ’n half sal die Januarie 2022-uitgawe vanaf 17 Desember 2021 by meeste groothandelaars beskikbaar wees. Ons is steeds sinvol, stylvol en propvol met aktuele artikels, stories oor bekendes, inspirasiestories, mode, dekor, resepte, blokraaie, verhale en ’n paar toevoegings soos nuwe rubriekskrywers, hekelpatrone en nog meer. Dit als vir slegs R49,90! Klik hier vir rooi rose se webblad.

S

Suid-Afrika se top aanlynpublikasie is News24, gevolg deur BusinessTech, TimesLive, The South African, Citizen en MyBroadband. Die ranglys is gegrond op die IAB Suid-Afrika (IAB SA) en Narrativive se Januarie 2022-verslag, wat Suid-Afrika se voorste aanlynpublikasies en -uitgewers rangskik. Lees die volledige berig hier.

Die SA Akademie se Taalkommissie vir 2022 tot 2024

Die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die samestelling van die nuutverkose Taalkommissie bekend gemaak. Tydens ’n ad hoc-vergadering op 6 Desember 2021 het die Raad die volgende aanstellings goedgekeur vir ’n periode van drie jaar – van Februarie 2022 tot Desember 2024: Lees die volledige persverklaring hier.

GroundUp-joernaliste wen Nat Nakasa-toekenning

Nathan Geffen, redakteur van GroundUp en joernalis Raymond Joseph, het vanjaar die Suid -Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (SANEF) se Nat Nakasa-toekenning vir dapper gemeenskapsjoernalistiek gewen. Lees hier die volledige berig.

Maroela Media word 10 jaar oud!

Op 29 Julie 2011, op ʼn koue wintersoggend, het ʼn stuk of 120 mense by die Blikkantien, skuins onder die Voortrekkermonument, byeengekom om Maroela Media se amptelike bekendstelling te vier. Lees volledige berig.

Die Suid-Afrikaanse boekbedryf het weens die Covid-19-pandemie ’n nagmerriejaar agter die rug. Nielsen BookScan SA se jongste jaarverslag openbaar in besonderheid watter verliese gely is, berig Christiaan Boonzaier. Die plaaslike boekbedryf het weens die Covid-19-pandemie onder reuse-verliese gebuk gegaan en verlede jaar meer as R282 miljoen minder as in 2019 verdien. Nielsen BookScan SA (NBS-SA) het in hul jongste jaarverslag bevind dié terugslag is yslik in vergelyking met die kreeftegang wat die Suid-Afrikaanse boekbedryf sedert 2017 beleef: Boekverkope het tussen 2017 en 2018 met R73,6 miljoen gedaal, en ook tussen 2018 en 2019 met meer as R36,1 miljoen (sien grafika hieronder). Lees volledige berig.

Hoe lyk die toekoms van Afrikaanse media?

In 2011 praat Bun Booyens, destydse redakteur van Die Burger, oor die bedreiging van die gedrukte media – spesifiek koerante. Toe reeds het hy beweer dat die antwoord om oorlewing lê by die begrip van die markte. So noem hy destyds voorbeelde van hoe gedrukte media in simbiose met nuwe mediagenres saamleef. Byvoorbeeld, met die koms van televisie, druk tydskrifte en koerante TV-programme, vertel meer oor die programme en deel brokkies oor die filmsterre. Lees meer...

Nuwe Afrikaanse tydskrif op die rak

Bruis is ’n inspirerende leefstyltydskrif vir 50-plussers. Dit bied ondersteuning, raad en inligting aan mans en vroue ouer as 50 ‒ van aktuele en suksesstories oor bekendes en minder bekendes tot gesondheidskwessies, aftrede, geldsake, resepte en verhoudings. Lees meer...

Media24 beplan verskeie tydskrif- en koerantsluitings, afleggings

Kort op die hakke van die onlangse sluiting van minstens 14 tydskrifte, het Media24 vanoggend aangekondig dat hulle ook minstens 5 tydskrifte gaan sluit, asook 'n hele aantal streekskoerante en ingrypende veranderinge aan hul uitgewersportefeulje gaan aanbring. Lees meer...

Geskiedenis van Rooi Rose

Rooi Rose is deur 'n man begin - deur die baie bekende skrywer, Mark Preston. Dit was nie sy regte naam nie, maar die skuilnaam van Hendrikus Potgieter. Sy droom was om 'n vrouetydskrif te publiseer. Kort ná sy 21ste verjaardag het 'n motor op hom omgeval en hom so ernstig beseer dat hy drie jaar lank in die hospitaal was. Lees meer...

Plus50 vier 15 jaar

Met die Julie 2020-uitgawe vier Plus 50 Media sy tydskrif se 15de bestaansjaar en die 100ste episode van die televisiereeks "Met 'n huppel in die stap." Kyk foto.

 The Daily Maverick loods 'n gedrukte naweekkoerant

'Maller as 'n sak vol slange.' Dit is die reaksie van die meeste mense toe hulle die eerste keer gehoor het van ons voornemens om 'n weeklikse gedrukte koerant bekend te stel. In 2020. Te midde van 'n pandemie en die grootste ramp wat die wêreldwye gedrukte media ooit getref het. Die teeblare het lankal die dood van hierdie eens magtige medium voorspel, so laat ons verduidelik hoekom ons dink dat dit 'n idee is wat die moeite werd is om in die toekoms na terug te keer. Lees meer...

100-Jarige gedrukte koerant sneuwel

Slegs drie maande voordat hy sy eeufeesviering sou vier, het die Suid-Afrikaanse Katolieke koerant, The South Cross, al sy personeel afgelê en die gedrukte uitgawe daarvan gesluit. Anders as die meeste suksesvolle gemeenskapskoerante wat gratis weggegee word en hulle geld verdien uit advertensies en insetsels, is TSC nog altyd verkoop, maar al hoe minder van die lesers kon dit bekostig om die paar rand te betaal.

Covid-19 eis nóg 'n Afrikaanse tydskrif

Ons webwerf, www.pnpfreshliving.com, is geloods toe die drukkers gesluit het vir die grendeltydperk. Op grond van die enorme gewildheid daarvan, en met lesers se veranderende voorkeure in gedagte, het ons die moeilike besluit geneem om Kook en Kuier te staak. Lees meer...

Afrikaanse skryfster, Elsa Joubert, sterf aan Covid-19

Die legendariese Afrikaanse skrywer Elsa Joubert (97), wat Sondagmiddag in Kaapstad aan Covid-19 dood is, was 'n groot gees. So het Christiaan Olwagen, regisseur van die rolprent Poppie Nongena, wat gegrond is op Joubert se boek Die swerfjare van Poppie Nongena, Sondagaand gesê. “Sy was ’n ongelooflike mens." Lees meer...

ATKV-Mediaveertjies 2020: En die wenners is...

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn-bekendmaking van die wenners. Lees meer...

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2020

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak die gesogte Akademiebekronings vir 2020 bekend. Die wenners is waar moontlik reeds oor die bekronings ingelig. ’n Aankondiging in verband met die oorhandiging van die pryse sal in ’n later stadium deur die Akademieraad bekendgemaak word. Lees meer...

Die bekendstelling van Taalportaal en Taalonderrigportaal

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) stel op 21 Mei 2020 Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend. Die vlagskipprojek van die Virtuele Instituut vir Afrikaans was vanaf die stigting van die instituut in 2015 die behoorlike beskrywing van Afrikaans se grammatika. ’n Soortgelyke projek is vir Nederlands en Fries onderneem, en Afrikaans het daarby ingeskakel, wat beteken dat Afrikaans se unieke, geleende en oorgeërfde taalstrukture nou vir internasionale navorsers toeganklik is. Hierdie inhoud word in Taalportaal gehuisves. Lees meer...

  << Vorige blad                                                                             Nog bedryfsnuus >>

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse