Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Hallo daar, woordtowenaar!
Het jy al ooit jou eie rympie probeer maak? Of ’n snaakse vers geskryf wat jou laat giggel het? Dan gaan jy mal wees oor hierdie kursus!
In hierdie lekker kursus leer jy hoe om jou eie gekke limerieke, mooi versies en lekker snaakse rympies te skryf. Ons gaan saam met woorde speel, met rym rokkel en jou idees laat dans op papier!
Wat gaan ons alles doen? Jy gaan leer wat ’n limeriek is – dis ’n kort, rymende gediggie wat altyd vir laggies sorg!
Jy gaan jou eie rympies skryf – oor enige iets: honde met sambrele, drake wat dans, of selfs jou eie geheime superkrag!
Jy gaan leer hoe om met klank en ritme te speel – en hoe om woorde te gebruik soos ’n regte digter!
Jy gaan jou eie mini-digbundel begin – ’n spesiale versameling van jóú gedigte.
En moenie bekommerd wees nie – hier is geen reg of verkeerd nie. Jy hoef nie slim of perfek te wees nie – net jý en jou verbeelding is nodig! Ons lees gedigte, speel woordspeletjies, en skryf sommer net vir die lekkerte daarvan.
So gryp jou potlood, sit jou woordhoed op en kom rym en rokkel saam! Hier begin jou avontuur as digter…

Hoe lank vat die kursus?
1 maand
Hoeveel kos dit?
R300
•
Wat is 'n rympie?• Hoe skryf jy 'n limeriek?
• Speel met woorde
• Skryf wat jy voel
Wat is alles in die boeksak?
• 3 Lesse wat jou alles leer van rympies en limerieke
• Aktiwiteitskaarte waarop jy jou rympies kan skryf
• 'n Sakvol idees om jou aan die gang te kry
Wat kry jy as jy klaar is?
'n Mooi sertifikaat waarmee jy by jou maats kan spog EN jou eie DIGBUNDEL!
Hoe skryf jy in?
Klik op die koevert en stuur vir ons e-pos en ons stuur vir jou 'n inskryfvorm
Klik op die potlood en skryf sommer dadelik in
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.