Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel
OCC Live Chat Support |
Artikelkonsultasiediens
Het jy 'n artikel geskryf
maar kry dit nie verkoop nie?
Verkoop jy te min artikels?
Sukkel jy om jou artikels persklaar of aanvaar te kry?
Benodig jy iemand om jou persoonlike raad te gee?
Kort jou artikels oemf wat redakteurs laat
regop sit?
Sukkel jy om jou betaling
uit 'n kliënt te kry?
Het jy 'n mentor nodig?
Ons kan help. Met ervare artikelskrywers wat saam meer as 100 jaar ervaring het in die skryf van artikels, kan ons daadwerklike raad verskaf wat jou sal help om jou artikelomset binne enkele maande te verdubbel en jou artikels te verbeter.
Ons artikelkonsultasiediens bied jou
-
hulp en bystand met verkope
-
die regskaaf van teks
-
kopieregadvies
-
algemene advies
-
ondersteuning
-
mentorskap
-
'n agentskapsdiens waar ons as bemiddellaar (agent) jou artikels namens jou verkoop
Tariewe
-
Konsultasie- en mentordiens - R150
-
Proeflees en redigering - R55 per bladsy
-
Slegs proeflees - R95 per artikel (tot 1,200 woorde)
-
Slegs proeflees - R195 per artikel (tot 2,500 woorde)
-
Agentskapsdiens - R150 vir konsultasie en mentordiens + 10% van die waarde van artikel - betaalbaar nádat artikel verkoop is
Wat die regskaaf van teks betref:
Onder geen omstandighede sal ons jou artikel namens jou skryf of selfs oorskryf nie. Jy moet self die artikel skryf. Al wat ons doen is om jou by te staan met raad en hulp om die artikel verkoopbaar te kry. Jý doen steeds al die harde werk!
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.