


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

IT-praatjies
'n Skrywer is afhanklik van sy rekenaar en geen skrywer wat sy sout werd is hou níé daarvan om oor die jongste IT-nuus te lees nie. Dit is ook belangrik om op hoogte te bly van verwikkelinge op die rekenaar- en internetfront. Ons hou jou hier ingelig oor IT-sake wat van belang is vir skrywers.
LOL, K en OMG
is nou régte woorde
Die Oxford English Dictionary (OED) sluit nou die terme “LOL” (“laugh out loud”), “OMG” (“oh my God”) en die K-teken in as regte woorde wat waardig is vir etimologiese opname. Lees verder ...
Die
uitwerking van rekenaars
Kyk bietjie hier ...
Gratis
gelisensieerde programmatuur - elke dag
Is jy op soek na gratis gelisensieerde progammatuur vir jou rekenaar? Gaan kyk gerus by www.giveawayoftheday.com.
Beveilig
jou rekenaar - 'n gids
Daar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie! Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder. Lees verder ...
Petrol
vir jou rekenaar, verniet!
Daar is omtrent vir elke kommersiële sagteware-program 'n gratis gelykwaardige program beskikbaar. En dikwels is hierdie gratis programme selfs beter as die duur gekoopte programme in hul mooi boksies. Lees verder ...

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.






