Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel
Skryfdienste
Vanselfprekend is skryfwerk SA Vryskutskrywer se grootste bestaansreg. Nie alleen voorsien ons heel moontlik die mees uitgebreide verskeidenheid skryfkursusse en -hulpmiddels aan Afrikaanse skrywers nie, maar ons bied ook skryfdienste aan wat in enige behoefte sal voorsien.
Boonop kan ons spog met 'n groeiende netwerk professionele vryskutskrywers wat met hul kreatiewe talente en vermoëns maklik die hele wêreld onder die tafel sal kan inskryf.
Wat ons bied:
Navorsing vir jou skryfwerk - vanaf R115 per uur, afhangende van die spertyd en
ingewikkeldheid.
Skryf van Tydskrifartikels - enige onderwerp of joernalistieke genre,
vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid
woorde, ingewikkeldheid
van die onderwerp, tipe teks, dringendheid van die sperdatum, ens.
Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R245 per
toespraak, afhangende van die tydsduur, hoeveelheid
woorde,
ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.
Meer inligting hier ...
Skryf van
Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die
hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.
Skryf
van
Verslae - vanaf R80 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die
verslag.
Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en
onderhoude in.
Nuusbriewe
- samestelling volgens kliënt se voorskrif - R245 per uur vir eenmalige
projekte; R115 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Om nuusbriewe te
versprei,
kontak ons.
Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R245 per
nuusvrystelling - sluit verspreiding in.
Skryf en opstel van Sakeplanne - vanaf R280, afhangende van die omvang van die
sakeplan.
Saamstel van
Gedenkboeke - vanaf R100 per bladsy.
Konsultasiedienste - R245 per uur.
Skryf van Webartikels of Blogs - R500 per artikel, navorsing ingesluit.
Nuusverslaggewing - R350 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in.
Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R195 per
uur, sluit die hele pakket in - vanaf konseptualisering en skryf van
persvrystelling tot verspreiding daarvan aan relevante instansies.
'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.
Fooie is vooruit betaalbaar sodat 'n skrywer bespreek kan word.
Geen twee werke
is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.
Ons bied
verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.
Het
ons iets uitgelaat?
Kontak ons
indien die skryfdiens wat jý benodig dalk nie hier aangedui word nie.
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.