Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is
geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n bietjie spasie aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
Wat dink ander skrywers van die SA Vryskutskrywer-konsep?
Maretha Maartens: Baie, baie geluk! Ons is eindeloos trots op dit wat jy hier doen. Mag die Here elke dag en elke onderneming vul met Sy seën en leiding. Met groot blydskap.
Irene Cornelissen: Ek het nie werklik belang by die blad nie omdat ek nie meer ʼn skrywer is nie. (Was miskien, as + 60 tydskrifkortverhale, sketse en artikels, plus ʼn spanningsnovelle van mens ʼn skrywer maak.) Nou se dae is ek voltyds vryskuttaalwerker – proeflees, redigeer en vertaal in Afrikaans sowel as Engels. Dit is dus uit pure lekkerte dat ek gereeld kyk wat by Vryskutskrywer aangaan. Eintlik skryf ek om te sê dat ek nie weet van ʼn netjieser, meer aantreklike en werklik Afrikaanse webblad as joune nie.
Emgeni Ferreira: Van harte geluk met die keurig versorgde nuwe aanlyn - wat noem mens dit? - universiteit? Nie net met die fyn aansigte, goeie skrif en uitleg nie, maar veral ook met die imposante groep - uhm - 'dosente'. Ek wens julle veel voorspoed toe, so ook die mense wat by julle sal aanklop om hulp, waarvan ek waarskynlik self een sal wees. Ek glo met die oprigting van hierdie jaart en opstalle bou julle dan ook nog 'n dyk teen die 'see' wat hard probeer om Afrikaans te verswelg. Nogmaals geluk en mog't troffe.
Riana Scheepers: Ek is verstom - en opgewonde - deur die stap wat jy neem, en ek wens jou alle, alle sukses toe. Dit is enorm, maar dit is doodgewoon wonderlik dát iemand dit doen. En broodnodig, sowaar.
Jean Oosthuizen: Ek maak dit summier een van my favorites. Ek sal gereeld gaan inloer.
Lauren Copley: Mooi so ...baie indrukwekkend! Jammer hulle het nie so 'n goeie een vir dié wat Engels skryf nie....
Leon van Nierop: Mooi skoot. Dis die eerste keer in die 35 jaar waarin ek vir letterlik elke medium in die land geskryf het, dat so iets gebeur. Ek wens jou groot sukses toe.
Laetitia Botha: Geluk met jul webtuiste en die aanlyn-opsies vir skrywers. Persoonlik dink ek dis wonderlik dat daar so ‘n webtuiste is en jul tydsberekening is baie goed. Nie almal wil in literêre debatte betrokke raak soos op sekere van die webtuistes nie – hierdie is beroepsgerig, professioneel.
Ria Pieterse: Ongelooflike idee! Die webwerf is fantasties. En dis SO lekker om korrekte, keurige Afrikaans te lees. Ek gaan definitief vir van die kursusse inskryf. Sterkte met al die planne en idees.
Annemarie van der Walt: Het gou gaan loer op die webwerf wat so via-via-via aangestuur is na my – wonderlike idee, mag dit net van krag tot krag gaan. Sien uit na gereelde kontak!
Stephan van Rooyen: Dis bitter lekker. Ek wens julle alle sterkte toe; mag hierdie nuwe besigheid van krag tot krag groei.
Rilette Meyer: Wat ‘n briljante inisiatief! Ek is SO opgewonde hieroor. Ek sal beslis gebruik maak daarvan.
Elize Parker: Baie geluk met al julle harde werk – dit is skitterend! Voorspoed en sterkte!
Karin Brynard: Dit is 'n baie dapper projek en ek haal my hoed af! Hoog tyd dat ons vryskutters iewers 'n holte vir die voet vind. Want, afgesien van die ongelooflike slegte behandeling wat ons dikwels van publikasies kry, is daar geen amptelike ondersteuningsgroep of netwerk vir ouens soos ons nie. Veels geluk dus.
Joan Kruger: Fantastiese idee. Ons sal beslis gebruik maak daarvan. Ek stuur dit ook vir my kontakte aan.
Christo Valentyn: Wel gedaan - daar is beslis 'n leemte in die mark en ek gaan beslis hiervan gebruik maak! Wou nog altyd bietjie my Afrikaans opskerp.
Kristel Loots: Veels geluk met die sterk span wat jy bymekaar gebring het. Sukses vorentoe!
Amanda Claassens: Baie dankie vir al jou toewyding met SA Vryskutskrywer. Daar is inderdaad nie nog so iets beskikbaar vir ons aspirantskrywers nie.
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.