Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is
geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons
webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
Proeflees en redigering
Nico
van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank
met jou hulp met die skepping van DOLLARS EVENTUALIS. Jy sal
onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou
aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke
regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop
neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om
stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy
gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die
beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my
talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd
dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse
geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my
boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is.
Nogmaals baie dankie.
Abraham
Hamman: Baie dankie vir jou uitstekende redigering en LitNet-aanbeveling.
Ons is baie trots op ons
artikel wat op LitNet Akademies gepubliseer is.
Donette
Havenga: Baie, baie dankie vir die spoedige terugvoer en puik versorging van
my skripsie.
Bedelia
Paulsen: Baie, baie dankie, Leoni. Ek moet ook vir jou sê – jy het ‘n baie
fyn oog om goed raak te sien. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek die storie
gelees het en goed misgekyk wat soort van geskreeu het dat dit verkeerd was nie.
Kwarts
Utgewers: Ek het nou net van Bedelia gehoor en sy is in haar eie woorde
‘hoogs tevrede’. Baie dankie, ek waardeer dit.
Rianne van Vuuren: Die artikel wat
julle vir my taalversorg het is toe by Litnet
Akademies geplaas.
Dankie weer eens vir werklik goeie werk!
Stephan Naudé: Nadat ek my
boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en
hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te
proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en
ek was nie seker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n
baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was
uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se proefleesdienste beslis honderd
maal aanbeveel.
Enkele gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is
Nog
nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik
hier en kry dadelik jou
geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.
Vertel 'n vriend van ons