


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde
Watter baat sal ek by SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse vind?
Ons leer jou alles wat jy benodig om jou toe te rus om op jou eie die vryskutskryfmark te betree en daarin te slaag. By die meeste van ons omvattende kursusse is ook basiese besigheidswenke ingesluit. Dit is noodsaaklik om jou werk nie net as 'n passie nie, maar as 'n volwaardige besigheid te benader, want dit is die enigste manier waarop jy werklik suksesvol as vryskutskrywer of -joernalis kan wees. Ons wys jou presies hoe om jou besigheid te begin, te bestuur, en dit verder te laat groei.
						
	
 Een van die belangrikste aspekte 
waarop ons konsentreer, is 
die 
Afrikaanse mediabedryf. Ons bied
inligting en wenke oor 
tydskrifte, koerante en uitgewers wat jy nêrens anders in Afrikaans sal kry nie. 
Ons help jou ook met die 
praktiese 
aspekte van vryskutwerk, soos hoe om jou werk te verkoop, waar om
idees te kry, en hoe om daardie 
idees te navors totdat die 
finale produk, wat jy met trots kan aanbied, uit jou pen kom.
Een van die belangrikste aspekte 
waarop ons konsentreer, is 
die 
Afrikaanse mediabedryf. Ons bied
inligting en wenke oor 
tydskrifte, koerante en uitgewers wat jy nêrens anders in Afrikaans sal kry nie. 
Ons help jou ook met die 
praktiese 
aspekte van vryskutwerk, soos hoe om jou werk te verkoop, waar om
idees te kry, en hoe om daardie 
idees te navors totdat die 
finale produk, wat jy met trots kan aanbied, uit jou pen kom.
Ons
						
	
	Skryf 'n Boek 
			
			-kursusse is 
uitmuntend vir diegene wat 'n boek wil skryf. By hierdie kursusse ontvang jy 
alles wat jy nodig het om jou 
eie   
boekmanuskrip te skryf. Na afloop van die kursus sal jy 'n
voltooide, persklaar manuskrip 
hê wat jy aan 'n uitgewer kan voorlê of, met ons ondersteuning, selfs self kan 
publiseer.
Ons dek ander belangrike kwessies wat van kritieke belang is vir vryskutskrywers, soos kopiereg, plagiaat, belastingaanspreeklikhede, besigheidswenke en markte waar jy jou werk kan publiseer. Ons kursusse bied dus nie net skryfkennis nie, maar ook praktiese en wettige insigte wat jou sal help om as vryskutskrywer suksesvol te wees.
Kortom, as daar enige aspek van vryskutskryf is wat ons nie in ons kursusse dek nie, is dit heel moontlik nie die moeite werd om te weet nie! Ons dek alles van die basiese beginsels tot die meer gespesialiseerde kennis wat jy nodig het om nie net in die bedryf te oorleef nie, maar om te floreer.
Na voltooiing van jou kursus sal jy nie net 'n grondige kennis hê van wat jy geleer het nie, maar jy sal ook begin om jou portefeulje op te bou, wat hopelik vinnig sal uitbrei namate jy jou kennis in die praktyk toep gebruik.
|  |  | 
 | 
 | 
 | 
 Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 











 
 














