| 
																
																
																                
																              WINTER 2023 
																
																    Ja, ja, ek weet.   Hierdie nuusbrief is al 
																lankal oor die 
																tyd, maar ai, 
																soms raak mens 
																besig. Báie 
																besig en dan 
																vlieg die tyd in 
																'n oogwink 
																verby. 
																Buitendien dink 
																ek 'n uur bevat 
																nie meer 60 
																minute nie, maar 
																eerder net 50. 
																Dit lyk omtrent 
																so as mens kyk 
																hoe vinnig die 
																tyd verbyflits. 
																Veral saam met 
																beurtkrag. 
																Kersfees wink al 
																amper weer!   Maar alle goeie dinge kom 
																uiteindelik na 
																dié wat wag, en 
																ek kan vandag 
																die 2023/24 
																Skrywersalmanak 
																met julle deel. 
																Daar is vanjaar 
																twee weergawes: 
																'n aflaaibare 
																PDF-lêer wat 
																staties is en 'n 
																webweergawe wat 
																volledige 
																inligting 
																omtrent elke 
																gebeurtenis of 
																dag bevat. Die 
																voordeel van 
																laasgenoemde is 
																dat ek dit al 
																die tyd kan 
																bywerk soos wat 
																nuwe gebeure of 
																inligting 
																vorendag kom, so 
																maak seker jy 
																kyk gereeld na 
																die webweergawe. 
																Hopelik gaan 
																hierdie 
																omvattende 
																almanak jou met 
																jou werk kan 
																help. Ek hoop 
																so! Gaan laai 
																die PDF-weergawe 
																(verkort) 
																
																hier af 
																en bekyk die 
																aanlynweergawe
																
																
																
																
																hier.   Julle het seker al 
																opgemerk dat die 
																werkblad deesdae 
																taamlik stagnant 
																en yl is. Die 
																rede is nie 
																omdat ek opgehou 
																het om na werk 
																vir julle te 
																soek nie, maar 
																omdat ek besluit 
																het om 
																werkgewers wat 
																eerder na ras in 
																plaas van 
																meriete kyk, 
																algeheel te 
																vermy. Dis net 
																só onregverdig 
																om teen 'n wit 
																Afrikaanssprekende 
																te diskrimineer 
																om die regering 
																se rasbehepte 
																werkkwotas te 
																vul. Ek sal dit 
																nie ondersteun 
																nie. SA 
																Vryskutskrywer 
																staan vir ALLE 
																Afrikaanssprekendes 
																- ongeag ras en 
																geloof - en glo 
																meriete weeg 
																swaarder as om 
																na 'n benepe 
																regering se pype 
																te dans. Wanneer 
																daar dus 'n werk 
																op ons werkblad 
																geplaas word, 
																kan jy seker 
																wees die 
																werkgewer soek 
																werklik die 
																beste kandidaat.   Ek het ook die nuusbrief 
																se formaat effe 
																verander en hoop 
																dit vind byval. 
																Ek weet dis 
																bietjie lank, 
																maar onthou, 
																hierdie 
																nuusbrief moet 
																die werk van 
																minstens twee 
																nuusbriewe 
																verrig wat 
																agterweë gelaat 
																is. Ek mik om 
																binne sowat twee 
																maande weer 'n 
																amptelike 
																nuusbrief uit te 
																stuur. Intussen 
																kan julle op die 
																webblad en 
																Facebookblad na 
																tydige nuus gaan 
																kyk. Ek plaas 
																dit soos wat ek 
																dit ontvang.   Groete van huis tot huis. 
																
																  _________________________________________   
																
																
																 
																
																  
																
																 Kan KI jou 
																vervang? 
																
																  
																
																Die nuutste 
																gonswoord 
																deesdae is kunsmatige 
																intelligensie (KI) 
																en tereg ook. 
																Oral waar jy op 
																die internet kyk 
																word jy hiermee 
																gekonfronteer. 
																Een helfte van 
																die wêreld 
																omhels dit as ‘n 
																fantastiese 
																idee, terwyl die 
																ander helfte mor 
																dat dit gewone 
																mense se lewens 
																gaan omkeer en 
																hul werk steel. 
																Aan wie se kant 
																moet ons as 
																skrywers dan 
																wees? 
																
																  
																
																Tussen die boom 
																en die bas, lyk 
																dit my. 
																 
																
																  
																
																‘n Nuwe 
																nuuskanaal,
																
																
																
																News GPT, 
																het op 1 Maart 
																vanjaar begin om 
																nuus te verskaf 
																sonder ‘n enkele 
																verslaggewer in 
																sig. NewsGPT se 
																oogmerk is om 
																onbevooroordeelde 
																en 
																feite-gebaseerde 
																nuus aan lesers 
																dwarsoor die 
																wêreld te 
																verskaf. 
																Masjienleeralgoritmes 
																en natuurlike 
																taalverwerkingstegnologie 
																stel NewsGPT in 
																staat om 
																relevante 
																nuusbronne van 
																regoor die 
																wêreld intyds te 
																skandeer. Dit 
																gebruik dan 
																hierdie data om 
																nuusberigte en 
																verslae te skep 
																wat akkuraat, 
																bygewerk en 
																onbevooroordeeld 
																is.  
																
																  
																
																Dit maak vir my 
																sin. ‘n 
																Kunsmatige 
																nuusbron, 
																aangedryf deur 
																algoritmes en 
																sonder inmenging 
																van mense, kan 
																beslis nie in 
																staat wees om 
																bevooroordeeld 
																te wees nie. Dit 
																beteken die nuus 
																móét wees soos 
																dit bedoel is – 
																suiwer en 
																eerlik. 
																
																  
																
																Maar wag, ons 
																span nou die kar 
																voor die perd. 
																Kom ons begin 
																eerder by die 
																begin: Wat 
																presies ís 
																kunsmatige 
																intelligensie? 
																Wikipedia 
																definieer dit as 
																die 
																intelligensie 
																wat 'n masjien 
																of sagteware 
																tentoonstel. Dit 
																is 'n akademiese 
																studieveld wat 
																poog om menslike 
																intelligensie 
																kunsmatig te 
																skep.  
																
																  
																
																KI is egter nie 
																nuut nie. Onthou 
																jy Deep Blue? 
																Die 
																skaakrekenaar 
																wat deur 
																kunsmatige 
																intelligensie 
																aangedryf is en 
																in 1997 ‘n 
																skaakmeester 
																geklop het? 
																
																  
																
																
																
																
																Lees die 
																volledige 
																artikel op ons 
																webblad. 
																_________________________________________   
																
																  
																
																  
																
																
																
																Nuuspod 
																
																
																is ‘n 
																onafhanklike 
																aanlynkanaal vir 
																nuus en 
																aktualiteit in 
																hoofsaaklik 
																Afrikaans. Die 
																kanaal staan 
																bekend as die 
																tuiste van 
																Afrikaanse 
																stories agter 
																die nuus, want 
																nuus is baie 
																meer as die koue 
																feite op ‘n 
																televisieskerm 
																of in ‘n 
																koerantberig. 
																Agter elke 
																nuusberig is 
																daar ‘n mens, ‘n 
																dieper storie, 
																‘n ander 
																waarheid. Daarom 
																is geen stem vir 
																Nuuspod te 
																konserwatief of 
																liberaal nie, te 
																regs of links, 
																te mooi of lelik 
																nie. As jy ‘n 
																storie het, sal 
																Nuuspod dit 
																vertel, sonder 
																enige agenda.  
																  
																
																Nuuspod 
																is nie op 
																brekende nuus 
																ingestel nie, 
																ons vertel die 
																storie daarna, 
																die dieper 
																storie. Daarom 
																is Nuuspod se 
																bydraes nie net 
																vyf of tien 
																minute lank nie. 
																Ons sorg dat 
																elke kwessie 
																goed deurtrap 
																word vir die 
																nuusneus wat so 
																bietjie meer in 
																‘n storie soek. 
																
																 
																
																Nuuspod is in 
																Oktober 2020 
																begin deur Izak 
																du Plessis, die 
																bekende 
																aanbieder van 
																die 
																televisieprogram,
																
																Boereverneukers, 
																en skrywer van 
																die gelyknamige 
																boek. As 
																omroeper was hy 
																die 
																ankeraanbieder 
																van Monitor en 
																Spektrum op RSG, 
																die Afrikaanse 
																SABC-radiostasie. 
																
																 
																
																Hoewel ons op 
																Afrikaans fokus, 
																sal daar 
																noodwendig ook 
																bydraes in 
																Engels wees, 
																aangesien ons in 
																‘n land en 
																wêreld bly waar 
																ander mense nie 
																Afrikaans praat 
																nie. 
																
																 
																
																Sluit 
																vandag nog aan 
																by Nuuspod deur 
																gratis op 
																YouTube in te 
																teken. Klik hier om 
																'n intekenaar te 
																word – en 
																onthou, dis 
																heeltemal 
																gratis!  
																
																  
																
																                
																     Webblad                 
																
																__________________________________________ 
																
																  
																
																  
																
																  
																
																
																Lizanne Kruger se blog, 
																
																
																
																Pandora se Dosie, 
																
																tref die 
																kuberruim met 
																haar eerste 
																humorinskrywing,
																
																
																
																
																
																Die ding omtrent 
																rugby-ma's. 
																Klik 
																
																
																
																hier
																
																om dié lekkerlees humorinskrywing te geniet en daarop in 
																te teken. 
																
																
																1-2-3-Blog 
																jouself 
																
																  
																
																
																Emsie Martin se nie-fiksieboek, 
																
																
																
																Olie vir jou 
																Lamp, verskyn by 
																LAPA Uitgewers 
																en word sommer 
																vinnig 'n 
																blitsverkoper.
																
																
																
																Tydskrifjoernalistiek,
																
																
																
																Teksredigering,
																
																
																
																Gemeenskapsjoernalistiek 
																
																  
																
																
																Malvory Adams, wat in 
																
																2020 
																die Skryf 
																'n 
																Nie-fiksieboekkursus 
																voltooi het, se 
																proefboek, 
																
																
																
																
																Als is nie net 
																swart en wit, 
																
																wat verlede jaar 
																gepubliseer is, 
																is op die 
																
																
																kykNET-Rapport-boekpryse 
																2022-kortlys
																
																vir 
																nie-fiksieboeke.
																 
																
																  
																
																
																Eugene Pienaar wat in 2022 die blitskursus, 
																
																
																
																Skryf dinamiese 
																dialoog,
																
																voltooi se kortverhaal,
																
																
																
																
																Spookradio 302 
																FM,
																
																
																is gekeur vir 
																die 
																LitNet-slypskool Om 
																te skryf.
																
																 
																
																  
																
																
																Marilize King se kortverhale word in verskeie publikasies onder ‘n 
																skuilnaam 
																gepubliseer, 
																onder meer:
																
																
																
																
																Koue Pampoen 
																(Huisgenoot);  
																
																
																Roxanne vannie 
																Cape Flats 
																(Vrye 
																Weekblad), 
																
																Die huis met die 
																rooi lig 
																(Huisgenoot).
																
																
																
																ABC van 
																Kortverhale 
																+ 
																
																
																Kortverhale met 
																'n Kinkel. 
																
																  
																
																
																Eugene Pienaar
																
																het onlangs van ons 
																
																
																Manuskripbeoordelingsdiens
																
																gebruik gemaak 
																en na aanleiding 
																van die verslag 
																is sy eerste 
																kortverhaal,
																
																
																
																Die Spookhuis,
																
																in 
																Huisgenoot 
																gepubliseer. 
																
																  
																
																
																Hendie 
																Grobbelaar, wat in 
																
																
																2016 
																SA 
																Vryskutskrywer 
																se 
																
																
																ABC van 
																Kortverhale-kursus 
																voltooi, kan 
																reeds 'n rits 
																wenverhale en 
																kortverhaalbundels 
																agter haar naam 
																skryf. Haar 
																jongste sukses 
																is haar 
																kortverhaal,
																
																
																
																
																Die Rooi Tekkies, wat
																
																
																
																
																PEN Afrikaans se 
																2022-kortverhaalkompetisie
																
																gewen het.  
																
																  
																
																
																Marlene Farmer
																
																se rubriek, 
																
																
																Rooiwangappels, 
																inbelsentrums en 
																afleweringsdienste,
																word op 
																Maroela Media 
																gepubliseer.
																'n Tweede 
																rubriek,
																
																
																
																Wat die hart van 
																vol is, word 
																in die tydskrif,
																Kuier, 
																gepubliseer.
																
																
																
																Skryf Kreatief! 
																
																  
																
																
																Elmé Steyl (12)
																
																se verhaal, 
																
																
																Die Waterwese 
																
																wen tweede plek 
																in Storiewerf 
																se 
																skryfkompetisie
																vir kinders. 
																
																Kom ons skryf 'n 
																Storie. 
																
																  
																
																        ♦ Lees 
																nog 
																getuigskrifte hier. 
																
																________________________________ 
																
																  
																
																  
																
																  
																
																RHONA KOTZé 
																
																  
																
																
																Bedags is sy 'n 
																onderwyseres in 
																'n klas propvol 
																besige kinders, 
																maar tuis is sy 
																Rhona Kotzé, 
																skrywer van 'n 
																paar 
																topverkoperboeke 
																waarvan een, 
																Pedale van 
																Papier, tans sy 
																tweede druk 
																beleef en in die 
																proses is om 
																verfilm te word 
																- elke skrywer 
																se droom. 
																
																  
																
																
																Ons het vir 
																Rhona gevra om 
																bietjie meer oor 
																die skrywer 
																agter hierdie 
																eerlike boek, 
																wat 14 jaar 
																geneem het om te 
																skryf, is. En 
																ook hoe dit 
																gebeur het dat 
																die boek nou 
																verfilm gaan 
																word. Hier is 
																haar storie in 
																haar eie woorde 
																... 
																
																  
																
																"Ek is Rhona 
																Kotzé. Ek het 
																voorheen as 
																Rhona Scheepers 
																bekendgestaan, 
																maar sedert my 
																egskeiding en 
																tweede huwelik 
																vyf jaar gelede, 
																skryf ek nou 
																onder my huidige 
																van – Kotzé.
																 
																
																  
																
																Ek het in 
																Vereeniging 
																grootgeword 
																waarna ek in 
																Potch onderwys 
																gaan studeer 
																het. Ek het twee 
																dogters en vier 
																kleindogters. 
																Ons bly tans in 
																Krugersdorp waar 
																my man, Jean, in 
																die politiek is 
																en ek weer 
																skoolhou nadat 
																ek eintlik vroeg 
																afgetree het om 
																voltyds te kan 
																skryf, maar nou 
																skryf ek weer 
																deeltyds. 
																
																  
																
																
																
																
																♦  Lees 
																die res van die 
																onderhoud
																
																
																hier.   |