| 
														
														
														                        
														      HERFS 
														2024 
														
														  
														
														  
														
														Gegroet Mede-griffelaars 
														
														  
														
														Ek wonder hoeveel mense 
														kan by hul 
														Nuwejaarsvoornemens hou? 
														Ek het slegs één gemaak 
														vir 2024 - om vanaf 
														Januarie elke maand 'n 
														nuusbrief uit te stuur - 
														en toe kon ek nog nie 
														eens een keer daarby 
														uitkom nie.  
														
														  
														
														Pfffttt. 
														
														  
														
														Ek het dus besluit om 
														nie 'n vaste voorneme te 
														maak om spesifieke 
														nuusbriewe uit te stuur 
														nie, want met die tyd 
														wat so blitsig verbysnel 
														en die werk wat taamlik 
														baie is, kan ek nie 
														altyd daarby hou nie en 
														my skuldige gewete keil 
														my dan op. Ek sal egter 
														nuusbriewe uitstuur soos 
														wat dit moontlik is. 
														
														  
														
														Terloops, het jy geweet 
														die gedagte dat tyd 
														deesdae vinniger 
														verbygaan nie regtig 
														mens se verbeelding is 
														nie? Dis die waarheid, 
														veral as jy begin ouer 
														word. As jy my nie glo 
														nie, gaan lees gerus
														
														
														
														hier wat 
														navorsers bevind het. 
														Fisika het dit nou 
														onomwonde bewys. 
														
														  
														
														Ek het die nuusbrief se 
														aanslag so 'n bietjie 
														verander. Ek glo die 
														meeste mense is nie lus 
														om 'n ellelange 
														nuusbrief in hul 
														e-posbediener te lees 
														nie. Jy kan dus van nou 
														af na aanleiding van 
														slegs die opskrif 
														besluit waarin jy 
														belangstel. Laat weet 
														gerus of dit 'n beter 
														reëling is, hoor. Enige 
														voorstelle - en kritiek 
														- is altyd welkom:
														
														
														
														
														nuusbrief@savryskutskrywer.co.za.   
														
														  
														
														Enkele hoogtepunte wat 
														ek egter wil uitlig is 
														'n heerlike onderhoud 
														met skryfster,
														
														
														
														Elsabé Welman, 
														wat reeds agt 
														suksesvolle romans agter 
														haar naam het. Sy 
														verskaf ook skryfraad 
														wat veral vir 
														aspirantskrywers 
														onontbeerlik is. Dankie, 
														Elsabé! 
														
														  
														
														Ook is daar 'n taamlik 
														omvattende
														
														
														
														vryskuthandboek 
														wat gratis  aan  
														nuusbriefintekenare 
														beskikbaar is. Spring 
														dus gou om joune te kry. Hierin bespreek 
														ons onder meer hoe om as 
														'n vryskutskrywer te 
														begin, die toekoms van 
														vryskutskryf, finansies, 
														doelwitstelling, 
														gesondheid, asook die 
														voor- en nadele van 
														vryskutwerk. Kry meer 
														inligting en die 
														handboek hier. 
														
														  
														
														En laastens ... ek werk 
														die
														
														
														
														
														
														
														Interaktiewe 
														Skrywersalmanak
														gereeld by. Onthou om 
														daar te gaan kyk vir 
														enige nuwe inligting. 
														Die eerste ses maande 
														van 2025 sal ook 
														binnekort gepubliseer 
														word.  
														
														  
														
														Reg. Dis al van my kant 
														af. Laat weet gerus as 
														daar enigiets spesifiek 
														is wat jy dalk in 'n 
														toekomstige nuusbrief 
														wil sien. Bydraes is 
														natuurlik ook welkom. 
														
														  
														
														Tot weersiens. 
														
														  
														
														  
														
														
														_________________________________ 
														
														
														 
														
														  
														
														
														 Die 
														donker kant van KI 
														
														  
														Kunsmatige Intelligensie 
														(KI) het ongetwyfeld 'n 
														omwenteling in verskeie 
														aspekte van ons lewens 
														gebring. Dit het ons 
														gehelp om probleme op te 
														los, effektiwiteit te 
														verbeter, en nuwe 
														moontlikhede vir 
														vooruitgang te ontsluit. 
														Nietemin, soos enige 
														kragtige instrument, het 
														KI ook 'n donker kant 
														wat ons moet erken en 
														navigeer.  
														
														
														
														
														Lees die volledige 
														artikel op ons blog. 
														
														_____________________________ 
														
														  
														
														
														5 Skrywerswenke vir 
														beginners 
														 
														
														  
														
														Elsabé Welman, skrywer 
														van agt topverkopers, 
														deel ‘n paar 
														skryfgeheime. 
														 
														
														  
														
														
														
														
														Klik hier vir die 
														volledige artikel. 
														
														
														__________________________________ 
														  
														
														
														GRATIS E-BOEK 
														
														
														  
														
														  
														
														
														
														Klik hier om jou GRATIS 
														e-boek, JOU 
														VRYSKUTHANDBOEK, aan te 
														vra 
														
														
														_________________________________
														 
														
														  |