| 
						
							
								| 
									
									
									Van my lessenaar...   
									
									
									As jy hierdie nuusbrief sit en lees, is jy 
									darem gesond. Miskien het jy al Die Virus 
									gehad, miskien nie, maar ek is dankbaar dat 
									jy nog hier is. Deesdae wonder mens of 
									iemand van wie jy lanklaas gehoor het nie 
									dalk deur Die Virus aangeval is nie. Dis 
									stresvol, want bykans elke dag lees of jy 
									hoor jy van iemand aan wie die virus nou 'n 
									naam en gesig gegee het. En die syfers raak 
									ál hoër en die name kom ál nader. Die nuus 
									gaan blykbaar binnekort ook nie beter raak 
									nie aangesien daar tans nóg 'n virusmutasie 
									op die horison lê en loer. Dit maak mens 
									moedeloos, maar die enigste raad is steeds 
									om jouself met skryfwerk besig te hou. Om 
									jou te help is daar tans 'n hele paar items 
									beskikbaar. Eerstens, die SKRYFALMANAK. 
									Ja, ek skryf dit met hoofletters want... 
									daar is net een van sy soort, dis slegs in 
									Afrikaans en alles wat daarop vervat is, is 
									gemik op Afrikaanse skrywers en joernaliste. 
									Wat méér wil jy hê? Moenie 
									'n oomblik langer wag nie; gaan laai jou 
									kopie HIER af 
									en spring aan die werk. 
									
									
									    Tweedens 
									is daar 'n aantal databasisse en spesiale 
									verslae wat 
									maar eintlik net 'n fênsie woord vir die 
									outydse "krip notes" is. Ons noem hulle nou 
									ewe onskuldig “kulblaaie”, maar wat ook al 
									die naam – hulle kom baie handig te pas. Gaan 
									kyk gerus hier na die 
									spesiale verslae en klop hier 
									aan vir 'n databasis. 
									
									    O 
									ja, stuur gerus vir my 'n nota as daar 
									enigiets is wat jy in die komende nuusbriewe 
									sal wil sien of spesifiek wil weet. Hier's 
									my adres. 
									
									    Lekker 
									werk en veilig bly!  
									
									Leoni   |  | 
				
					| 
						
							
								| 
									
									
									Die toekoms van joernalistiek lê in... 
									GEMEENSKAPSJOERNALISTIEK
 
									
									    ‘n Gemeenskapsjoernalis is net dit – 
									iemand wat geen formele opleiding as 
									joernalis gehad het nie, maar wat verslag 
									doen oor nuusgebeure deur middel van die 
									internet, drukmedia of selfs televisie.
 
									
									    Die grootste gedeelte van 
									vryskut-gemeenskapsjoernalistiek vind tans 
									deur bloginskrywings plaas, hoewel ‘n 
									groeiende aantal koerante reeds met graagte 
									van burgerjoernaliste gebruik maak. 
									Koerantjoernaliste kan immers nie regtig 
									oral wees nie en nuus ken geen perke nie.
 
									
									    ‘n Blog is ‘n webtuiste waar gereelde 
									bywerkings – daagsliks, uurliks of weekliks 
									– gedoen word sodat die stories of 
									inskrywings altyd vars en nuut bly.
 
									
									As gemeenskapsjoernalis kan jy dalk ‘n 
									enkele storie of ‘n hele paar opvolg en 
									daaroor verslag doen. Jy kan oor die hele 
									volledige storie verslag doen of selfs net 
									‘n enkele gedeelte. 
									
									    Daar is verskeie tipes situasies waaraan 
									‘n gemeenskapsjoernalis kan deelneem. Op 
									sy eenvoudigste kan iemand ‘n aanmerking by 
									‘n artikel of nuusberig aanbring of 
									kommentaar lewer op ‘n storie. In so ‘n 
									geval kan die persoon wat kommentaar lewer 
									dalk waarde toevoeg tot die storie of, aan 
									die ander kant, iets wat onduidelik geskryf 
									is, vir die ander lesers opklaar. In dié 
									opsig is iemand wat slegs kommentaar lewer 
									óók ‘n gemeenskapsjoernalis, al het hy nie 
									‘n enkele aspek van die nuusstorie self 
									geskryf nie. 
									
									    Op ‘n volgende vlak kan ‘n idividu ‘n 
									webblad of blog aan die gang hou vir die 
									uitsluitlike doel om onafhanklike nuus of 
									inligting te publiseer. Dít vervul ook die 
									funksie van ‘n gemeenskapsjoernalis.
 
									
									    Tegnies gesproke kan enigiemand wat oor 
									enigiets verslag doen, as 
									‘n gemeenskapsjoernalis beskou word – selfs 
									iemand wat net gou ‘n foto van ‘n 
									gebeurtenis in sy woonbuurt neem en dit aan 
									‘n koerant stuur of aanlyn publiseer. As jy 
									dus jou voet taamlik vinnig in die 
									vryskutjoernalistieke wêreld wil kry is 
									gemeenskapsjoernalistiek dalk net die manier 
									om dit reg te kry. En ons het net die 
									padkaart om jou die regte rigting aan te 
									dui. Gaan 
									kyk gou hier. |  | 
				
					|  | 
				
					| 
						
							
								
									| 
										
											| 
												
													
														
															| 
																
																
																Skryf die 
																perfekte 
																inleiding vir 
																jou artikelDie inleiding 
																dien nie net om 
																jou storie mee 
																te begin nie, 
																maar word beskou 
																as die 
																belangrikste 
																deel van jou 
																storie. Hoekom? 
																Want as die 
																eerste paar 
																reëls nie jou 
																leser se aandag 
																trek en behou 
																nie, gaan hulle 
																nie jou artikel 
																lees nie. 
 
																
																
																    Die 
																eerste paar 
																woorde moet al 
																‘n aanduiding 
																gee van waarheen 
																die stuk op pad 
																is. Vrae soos 
																“Waaroor gaan 
																die storie 
																handel?” of “Wat 
																is die storie se 
																punt?” word hier 
																beantwoord. 
																Alternatiewelik 
																kan dit ook dien 
																om die leser se 
																aandag vas te 
																vang met 
																inligting of 
																statistiek wat 
																skokkend of baie 
																interessant is. 
																
																
																1. Gebruik 
																sterk, visuele 
																werkwoorde om 
																die toneel 
																uiteen te sit. Sommige 
																skrywers beveel 
																aan dat die 
																hoeveelheid 
																werkwoorde jou 
																byvoeglike 
																naamwoorde in 
																elke paragraaf 
																moet oorskry. Klik 
																hier om die 
																artikel verder 
																te lees. |  |  |  | 
				
					| 
						
							
								
									| 
										
											| 
												
													
														
															| 
																
																	
																		| 
																			
																			
																			
																			Sluit 
																			aan 
																			by 
																			ons 
																			Facebook-groepe 
																			en 
																			skryf 
																			saam |  |  
													
														
															| 
																  
																
																
																 
																
																
																Welkom by JOU 
																skryfklub!
 
																
																Die doelwit van 
																hierdie virtuele 
																skryfklub is om 
																vir jou 'n 
																platform te 
																verskaf waar jy 
																jou stories, 
																gedigte of enige 
																ander skryfsels 
																kan plaas sodat 
																ander mense dit 
																kan lees en 
																selfs 
																terugvoering kan 
																gee. 
																
																Dis 
																verspot-maklik 
																om deel te word 
																van hierdie 
																Skryfklub. Al 
																wat nodig is, is 
																dat jy by die 
																groep moet 
																aansluit. Dis 'n 
																oop groep, so 
																almal wat lief 
																is vir skryf is 
																welkom om deel 
																te word. 
																
																Maar... al jou 
																pennevrugte gaan 
																net mooi niks 
																beteken as 
																niemand dit lees 
																nie!  
																
																
																
																
																Kom sluit gou by 
																ons aan. Dis 
																vet pret! 
																
																
																 En goed vir jou 
																ego.   |  |  
										
											| 
												
													
														
															| 
																
																 
   
																
																SA Skrywers is 
																geskep vir 
																skrywers wat 
																graag skryf en 
																aan uitdagings 
																wil deelneem en 
																sodoende die 
																kans te staan 
																hul stories in 
																'n bundel 
																opgeneem te 
																word. Hierdie 
																bundels word 
																elke ses maande 
																saamgestel en 
																julle word 
																vanselfsprekend 
																aangemoedig om 
																(1) deel te 
																neem, en (2) die 
																bundels aan te 
																skaf.
 
																
																SA Skrywers bied 
																gereeld heerlike 
																uitdagings aan 
																soos die huidige 
																een vir die 
																bundel, Quo 
																Vadis na Covid? 
																
																Skryf ’n 
																kortverhaal, 
																fiksie of 
																waarheid, oor 
																een van die 
																volgende 
																onderwerpe:   
																	
																	
																	Sonder 
																	aansien des 
																	persoons.
																	
																	Dis ’n 
																	geslote 
																	boek.
																	
																	’n Eierdans 
																	uitvoer.   
																
																
																Klink lekker 
																uitdagend, nè? 
																Sluit dan sonder 
																verwyl by ons 
																groep aan en kry 
																daardie 
																skrywersbrein 
																aan die gang. 
																Anders kan jy 
																vir ons 
																eksklusiewe 
																AANLYNSLYPSKOOL 
																in romanskryf 
																inskryf om na 
																sewe maande 'n 
																volledige 
																romanmanuskrip 
																in jou hande vas 
																te hou. Kry meer 
																inligting oor 
																die slypskool 
																hier en 
																sluit hier aan 
																by ons groep. |  |  |  |