| 
											
											
											Van my rekenaar...   
											
											DIE oggend van 1 Januarie 2020 het 
											ek oudergewoonte my trop brakkies 
											laat uitgaan en sommer toevallig in 
											die lug opgekyk – eintlik ook 
											oudergewoonte, want wolke is altyd 
											vir my vreeslik mooi. En daar sien 
											ek ‘n kleinerige wolkformasie wat 
											darem al te veel na ‘n uitroepteken 
											lyk. Natuurlik het ek nie ‘n kamera 
											by my gehad nie en hol vinnig die 
											huis in om een te gaan haal om dié 
											“uitroepteken” af te neem, want wie 
											gaan my nou glo as ek dit wil 
											vertel? Ek was gelukkig om die 
											stertkant van die verskynsel op 
											kamera vas te lê en het dit met 
											smaak aan almal wat wou kyk – of nie 
											– gewys. Die reaksie was dieselfde: 
											dit moet ‘n “teken” wees van ‘n 
											uitsonderlik goeie of belangrike 
											jaar. Of so iets.  
											
											   Dit blyk toe OF SO IETS te wees. 
											Ek begin nou self dink dat dit ‘n 
											teken was van hoe 2020 verloop het – 
											maar dit blyk nou dat dit nie by 
											2020 gebly het nie, want met alles 
											wat aangaan begin ek nou vermoed dit 
											behels sommer die hele dekade! Dink 
											bietjie: Eers het Die Virus ons 
											vroeg in 2020 getref en die 
											verpligte maskergebruik het 
											oorgespoel na 2021 en nou is daar 
											wraggies ‘n oorlog in Europa wat die 
											potensiaal het om die hele wêreld te 
											betrek.  
											
											    Sjoe. Ons leef beslis nie in 
											vervelige tye nie, maar eerder 
											onlekker. Ek begin verlang na 
											vervelig. Dit was net soveel minder 
											moeite! 
											
											   Nietemin, ons is nou hier en moet 
											seker hierdeur, op welke manier 
											denkbaar. So… ek het dit goed gedink 
											om bietjie op die finansiële aspek 
											van skryfwerk te fokus. Die kwynende 
											ekonomie het ‘n impak op ons almal 
											se finansies gehad, en tog is skryf 
											van al die beroepe wat daar is, 
											steeds die noodsaaklikste. Sonder ‘n 
											skrywer in enige formaat kan niemand 
											‘n boodskap daarbuite kry nie. Ons 
											is dus ‘n onmisbare spesie, maar ai, 
											só onderbetaal. Veral nou. 
											
											     Kom ons kry ons eendjies in ‘n 
											ry en maak geld met ons skryfwerk. 
											Dis baie moontlik. In die woorde van 
											Spock in die destydse Star Trek 
											TV-reeks: “Go forth and prosper.” 
											
											  
											
											
											___________________________________________________________ 
											
											
											        
											
											
											Hoeveel geld kan 'n skrywer verdien?   
											
											HIERDIE is ‘n vraag wat ons gereeld 
											kry en die antwoord hierop is 
											omtrent so wyd soos die Heer se 
											genade wat beteken daar is nie ‘n 
											klinkklare antwoord nie. 
											
											   Ons kyk eerstens na die outeur 
											van ‘n boek se moontlike inkomste 
											aangesien die meerderheid navrae wat 
											ons ontvang in verband hiermee is. 
											En daarna bespreek ons die 
											verdienstemoontlikhede van artikels. 
											
											
											
											KLIK HIER OM DIE RES VAN DIE ARTIKEL 
											TE LEES. 
											
											
											___________________________________________________________ 
											
											
											      
											
											
											Vryskutwerk: 5 Wenke vir beginners   
											Sedert Maart 2020 het die wêreld 
											soos ons dit geken het, algeheel 
											verander. Duisende besighede moes 
											hul deure sluit en miljoene mense 
											het hul werk verloor. En ‘n hele 
											klomp tydskrifte en koerante het ook 
											slagoffers van die Covid-19-pandemie 
											geword. 
											   Dit het baie mediawerkers 
											gedwing om die vryskutmark te 
											betree, maar min kan die 
											oorskakeling van voltydse werk na 
											vryskut suksesvol oorbrug. Hulle 
											vind dit moeilik om opdragte te kry 
											en om hulself te bemark. Maar 
											eintlik is die pad na suksesvolle 
											vryskutwerk maklik as jy weet hoe. 
											Ons het ‘n lysie saamgestel om 
											beginners te help om ‘n voet in die 
											vryskutdeur te kry. KLIK 
											HIER OM DIE RES VAN DIE ARTIKEL TE 
											LEES. 
											
											
											
											______________________________________________ 
											
											
											        
											
											
											SAFREA 2020/21 Vryskutbedryfverslag   
											
											
											
											SAFREA (Southern African 
											Freelancers' Association) het sy 
											vyfde jaarlikse Suider-Afrikaanse 
											Vryskutmediabedryf en 
											-tarieweverslag vrygestel tydens 'n 
											nasionale webinar waar navorser Jude 
											Mathurine die sleutelbevindinge 
											genoem het. Die 2020/2021-verslag, 
											wat 'n kritieke maatstafinstrument 
											vir selfstandige en deeltydse 
											vryskutters in die 
											kommunikasiebedryf is, bevat 'n paar 
											eerstes. Die studie dek 'n tydperk 
											wat gekenmerk word deur die 
											onstuimige invloed van Covid-19 en 
											die verhoogde digitale ontwrigting 
											in die kommunikasiesektor. Dit het 
											aan die lig gebring dat een uit elke 
											vyf vryskutters (22%) hul inkomste 
											oor die opnametydperk verhoog het, 
											maar baie het hul tariewe verlaag om 
											te oorleef. Twee uit elke drie 
											vryskutters het verliese tussen 25% 
											en 100% van hul inkomste 
											gerapporteer. Laai 
											die volledige verslag af.
											 
											
											
											____________________________________________ 
											
											
											
											   
											
											
											
											MENTORSKAP: Twee koppe is beter as 
											een   
											
											Of jy nou jou eerste boek skryf of 
											onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n 
											novelle, artikel of enige ander 
											skryfstuk, kan 'n mentor jou help om 
											jou skryfproduk suksesvol aan te pak 
											én af te handel. Hoewel nie elke 
											skrywer 'n mentor nodig het of wil 
											hê nie, kan enige skrywer daarby 
											baat om saam met 'n mentor te werk; 
											dit geld veral vryskutskrywers wat 
											dikwels alleen werk en dalk iemand 
											benodig vir aanmoediging, raad, 
											ondersteuning, doelwitbepaling en, 
											belangrikste van alles – 
											motivering. As jy nie oortuig is dat 
											jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk 
											bietjie na die voordele daaraan 
											verbonde om saam met een te werk. 
											Klik hier vir meer inligting. 
											
											
											_____________________________________________
											 
											
											
											          
											
											
											Skrywer in die KOLLIG
											 
											
											  
											
											
											June Botha 
											
											Die lang lys gepubliseerde boeke wat 
											al deur June Botha geskryf is, is 
											sprekende getuienis van haar 
											versugting om elke leser deel te 
											maak van haar storie, hetsy 'n kind 
											of 'n volwassene. Lees hier hoe sy  
											haar skryfdrome vlerke gee. Lees 
											die volledige onderhoud hier. 
											
											  
											
											
											---000--- 
											
											
											                   
											
											
											Wilnetta van Reenen 
											
											
											Hoekom het jy Ragel Petoors geskryf? 
											Waar het die idee ontstaan? 
											
											Ek móés net. Ragel het my geroep om 
											haar storie te vertel en ander se 
											onkunde oor sulke dinge reg te stel. 
											Dit was nodig om sulke dinge wat 
											gewoonlik agter geslote deure of ‘n 
											hand gesê te word in die oopte te 
											kry sodat mense kan verstáán. Lees 
											die volledige onderhoud hier. 
											
											
											___________________________________________________________
											 
											
											
											                               
											
											
											 Bedryfsnuus    
											
											
											rooi rose 
											
											is terug!
											rooi rose vier haar terugkeer na 
											die rakke! Ja, jy het reg gelees – 
											na ’n afwesigheid van ’n jaar en ’n 
											half sal die Januarie 2022-uitgawe 
											vanaf 17 Desember 2021 by meeste 
											groothandelaars beskikbaar wees. Ons 
											is steeds sinvol, stylvol en propvol 
											met aktuele artikels, stories oor 
											bekendes, inspirasiestories, mode, 
											dekor, resepte, blokraaie, verhale 
											en ’n paar toevoegings soos nuwe 
											rubriekskrywers, hekelpatrone en nog 
											meer. Dit als vir slegs R49,90!
											
											
											
											Klik 
											hier vir rooi rose se webblad. 
											
											  
											
											Suid-Afrika se top 20 
											aanlynpublikasies
											Suid-Afrika se top 
											aanlynpublikasie is News24, gevolg 
											deur BusinessTech, TimesLive, The 
											South African, Citizen en 
											MyBroadband. Die ranglys is gegrond 
											op die IAB Suid-Afrika (IAB SA) en 
											Narrativive se Januarie 
											2022-verslag, wat Suid-Afrika se 
											voorste aanlynpublikasies en 
											-uitgewers rangskik. Lees 
											die volledige berig hier. 
											  
											
											Toekoms van joernalistiek in 
											tegniese wêreld
											Robyn Peterson, tegnologiese 
											hoof van CNN, gesels oor die 
											evolusie van die medialandskap; die 
											impak van tegnologie op die verbruik 
											van nuus en die toekoms van 
											nuusjoernalistiek in 'n 
											tegnologies-gedrewe wêreld. 
											
											
											Lees 
											volledige berig. |