


Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka
Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.
Kortliks
-
Sekunjalo Independent Media Consortium het die land se grootste Engelse koerantgroep, Independent Newspapers and Media SA (INM SA), van sy internasionale eienaar vir 'n bedrag van R2 miljard gekoop.
-
Sawubona word nou deur Ndalo Media, uitgewers van Destiny en Destiny Man, gepubliseer.
-
Koos Barnard is die nuwe redakteur van SA Jagter/Hunter.
-
Waldimer Pelser is die nuwe redakteur van Rapport.
-
ManMagnum, 'n 32-jaar oue staatmaker in die uitgewersbedryf, is met ingang van 1 Mei 2013 by die gewilde SA Hunter/SA Jagter in die SA Hunt Publishing-stal gevoeg. SA Hunt Publishing (Edms) Bpk wat die titel van SA Man (Pty) Ltd gekoop het, is 'n vennootskap tussen Media 24 en die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV). Met sy fokus op die vuurwapen-entoesias, jagter en sportskut sal ManMagnum sy onafhanklike aard en styl behou onder die voortgesette leiding van die ervare redakteur Ron Anger, terwyl die huidige redaksiespan sal voortgaan om die tydskrif soos voorheen te bestuur. "Ons glo dat die kombinasie van die twee titels in een stal ons adverteerders soveel meer sal bied en ons sal redaksioneel 'n veel wyer veld kan dek," sê Chris Burgess, hoofredakteur van Media24 se landboutitels.
Joernalistiek 'n gevaarlike beroep
Sewentig joernaliste is verlede jaar wêreldwyd dood tydens die uitvoering van hul pligte. Dit is 'n 42% toename in die jaar daarvoor. Daar is ook nog 30 joernaliste wat onder vreemde omstandighede dood is en die internasionale Committee to Protect Journalists (CPJ) stel ondersoek in om vas te stel of dit direk met hul werk verband hou. Van die slagoffers is 28% vryskut. Die CPJ sê ook dat 'n rekord aantal joernaliste verlede jaar wêreldwyd in tronke aangehou is - altesaam 253.
Beeld los titels vir informeler styl
Beeld het afgestap van die gebruik van titels soos mnr. en mev. en me. in die koerant. Dis deel van 'n groter poging in Media 24 om die skryfstyl informeler te maak. Jonger mense word ook sedertden meer dikwels ophul vorname eerder as vanne genoem. Waar die gebruik van 'n titel verwarring kan opklaar of waar dit kan help om iemand se beroep aan te dui, soos regter of ds., word dit steeds gebruik.
Het jy enige navrae?
Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons met jou navraag.

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.









