


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Kreatiewe Skryfkursusse
Die term
kreatiewe skryfwerk word gebruik om sekere vorme van vindingryke of
kunssinnige skryfwyses van ander algemene skryfwyses te onderskei.
Die gebied van kreatiewe skryfwerk is wyd en sluit baie verskillende formate en skryfgenres in. Die mees algemene beskrywing is egter dat dit ‘n doelgerigte poging is om níé die verbeelding van die skrywer óf die leser te beperk nie. Dit verskaf dus aan die skrywer ‘n wyse om sy gevoelens, emosies en gedagtes op ‘n kunstige wyse in te span.
Vanselfsprekend is kreatiewe skryfwerk heeltemal verskillend van ander skryfvorme soos tegniese skryfwerk, wetenskapsartikels of nuusjoernalistiek. Maar as jy kreatiewe niefiksie, kortverhale, gedigte, essays of wetenskapsfiksie wil skryf, is hierdie die blad vir jou.
Basiese Poësiekursus
Om
‘n gedig te skryf beteken dat jy die wêreld in en om jou intens ervaar. ‘n Gedig
kan oor enigiets wees – van liefde tot die geroeste hek op jou oupa se plaas.
Poësie se hoofdoelwit is om aan jou, die digter, ‘n verhoog te verskaf om jou
diepste gevoelens en gewaarwordinge met die wêreld te deel.
Volledige besonderhede
Poësietegnieke

Die ABC van Kortverhale
Kortverhaalbundels
is deesdae van die beste verkopers op winkelrakke. Miskien het dit te make met
die feit dat die lewe so gejaagd geword het ... mense verkies om korter stories
te lees want daar is net nooit meer tyd om soos in die ou dae met 'n lekker dik
roman te lê en ontspan nie. Dis die een kant van die storie. Die ander rede vir
dié vinnige verkoopsyfers kan natuurlik wees omdat 'n kortverhaalbundel so 'n
wye verskeidenheid karakters bevat wat die leser kan boei of ontstel. Jy, as
skrywer, hoef jou nie aan enige rede vir die gewildheid van kortverhaalbundel te
steur nie want met hierdie kursus is jy die persoon wat die mag het om 'n hele
klomp karakters se lewenspaadjies vir hulle te bepaal.
Volledige besonderhede
Vonkfiksie ontlont

Minder is meer en vonkfiksie is vinnige fiksie vir 'n vinnige wêreld. Dis fiksie vir skrywers wat nie woorde verspil of doekies omdraai nie. Dis kort, blitsig en tot die punt. Dis uitdagend en dis pret. As jy dus een van daardie skrywers is wat weet hoe om met so min woorde moontlik te sê wat jy wil, én jy kan jou leser se belangstelling tot aan die einde van jou paar woorde geprikkel hou, is jy heel moontlik 'n vonkfiksieskrywer-in-wording. Volledige besonderhede
Skryf KREATIEF!

Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ... nie seker is in watter genre jy die lekkerste skryf of wíl skryf nie; graag jou skryfvermoëns op verskeie terreine wil slyp; reeds gedigte, stories, essays of artikels skryf, blog of 'n joernaal byhou; sukkel om jou skryfpogings te voltooi; 'n gebrek aan selfvertroue ervaar wat jou verhinder om jou stories aan 'n uitgewer of publikasie te stuur; oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer is, maar die regte leiding benodig; of sommer net vir die lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel. Volledige besonderhede
Het jy enige navrae?
Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons met jou navraag.

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.









