SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

So jy wil ‘n roman skryf? Dis ‘n puik idee, maar... om ‘n skrywer te word, kan jou lewe verander - om nie eens te praat van die vermoë wat dit aan jou gaan verleen om duisende, mense se lewens te raak nie!

Maar om 'n boek te skryf is nie maklik nie, want dis aansienlik makliker om op te hou as om klaar te maak. Dis ‘n gegewe dat, terwyl jy aan jou boek werk, jy in die versoeking sal kom op te hou met skryf want jy gaan heel moontlik oorweldig voel deur die omvang van die taak. Dis algemeen, want laat ons nou maar eerlik wees: om sowat 100 000 woorde uit te dink en in die korrekte volgorde neer te skryf sodat dit ‘n leesbare storie vorm, lyk en klink vir enigiemand onmoontlik!

As jy egter leiding ontvang om presies te weet hoe en waar om te begin, wat elke stap van romanskryf behels, hoe om vrees, uitstel en skrywersblok te oorwin, kán jy daardie roman wat al soveel jare óf in jou kop, óf in ‘n versteekte lêer iewers op jou rekenaar gebêre is, uiteindelik in boekvorm te beleef.

Die sleutel tot sukses is eintlik só eenvoudig: volg net ‘n eenvoudige stap-vir-stap plan, byt vas deur die moeilike tye, en binne sowat tien maande hou jy jou boekbaba in jou hand vas.
Dit klink goed, nè? Skryf dan sommer vandag nog in en laat ons jou help om jou romanskryfdroom te verwesenlik. Met ons stap-vir-stap riglyne, hulpdokumente en bystand, kán jy nog vanjaar jou boek klaarskryf.

Duur: 5-10 maande 

Modules: 8 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 X 2

1,667 X 3

R1,250 X 4

R1,000 X 5

R835 X 6

 

Kies jou genre

Elemente van 'n geslaagde roman

Beplanning van jou boek

Hoe begin jy?

Organisering van materiaal

Plots en basiese struktuur van 'n plot

Beplan jou plot

Karakterising, protagonis, anti-held

Stel 'n karakterskets op

Agtergrond

Dialoog

Handeling

Eerste toneel

Milieu

Storielyne

Skryfwenke

Ruimte-uitbeelding

Tydsbeelding

Redigering en afronding

Publikasie

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (130 bladsye)

  • 15 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare manuskrip te kan voorlê

  • 1 manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Werkkaarte, template

  • Manuskripbeoordeling van volledige manuskrip

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Databasis: Afrikaanse uitgewers

    Databasis: Fiksie-navorsingsdatabasis

    Templaat: Boektemplaat

    • Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

    • Spesiale verslag: Hoe om jouself as skrywer te bemark

    • Spesiale verslag: Hoe om jou roman gepubliseer te kry

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Voltooide boekmanuskrip

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse