Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed
Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.
Het jy dalk 'n skryfwenk wat werk? Kontak ons met enige bruikbare skryfwenke. Ons sal dit graag publiseer.
Hoe skryf jy dialoog vir 'n kinderboek?
Dit is iets wat natuurlik moet kom en glad nie geforseer moet of kan word nie. Die meeste van ons bring minstens 'n gedeelte van elke dag deur in gesprek met ander mense. Maar die skep van dialoog is meer as net om die werklike spraak te omskryf. Dit is selfs meer ingewikkeld in kinderboeke, aangesien die ouderdom van die leser ook in ag geneem moet word.
Geskrewe dialoog is 'n
saamgeperste vorm van werklike spraak – dis die vleis
van die gesprek met al die ekstras verwyder. Prenteboeke
en maklike lesersboeke wat geskryf is vir kinders van
agt jaar en ouer, word hoofsaaklik vertel deur middel
van aksie, en die dialoog weerspieël hierdie aksie. Die
karakters se dialoog in hierdie boeke moet 'n gevoel van
hul persoonlikheid weergee, maar ook die lesertjie help
om te verstaan wat in die storie gebeur. Net soos die
plot 'n voorwaartse rigting moet hê, moet die dialoog
ook.
Deur gebruik te maak van eenvoudige, dog volledige sinne wat nodig is vir 'n maklike lesersboekie, het die skrywer die storie se optrede deur natuurlik-klinkende dialoog geopenbaar.
Maar hoe skryf jy dialoog as die stories langer en meer ingewikkeld word? In hierdie gevalle kan die heen-en-weer-geklets tussen karakters minder eendimensioneel wees. In die werklike lewe bring elke persoon sy of haar eie standpunt na ‘n gesprek en kry iets anders in ruil daarvoor. Om die dialoog toe te laat om natuurlik te vloei, kan humor by die toneel gevoeg word wat die karakter toelaat om verder te ontwikkel.
Dialoog is 'n kans vir die
karakter om in sy eie stem te praat. Maar ware dialoog
is nie net iets wat hardop gesê word nie. Die spreker
dra ook terselfdertyd 'n interne gesprek oor. Dit is die
skrywer se perfekte geleentheid om die karakter toe te
laat om dieper elemente van haar persoonlikheid te
ontbloot sonder om die voorwaartse beweging van die plot
te kniehalter.
Vir diegene wat sukkel met die vraag oor hoe om dialoog te skryf: onthou dat die dialoog wat oortuigend en interessant is soveel meer is as slegs die woorde wat uit ‘n karakter se mond kom. Hoe 'n karakter praat – met pouses en sinfragmente – kan sy emosionele toestand demonstreer. Hoe 'n karakter beweeg terwyl hy praat, voeg betekenisvlakke by die dialoog. Die instelling waarbinne die gesprek plaasvind, kan die gesprek beïnvloed. Dialoog is nou verweef met elke ander element van skryfwerk, en slegs wanneer dit naatloos in die stof van die storie ingeweef word, word die boek ‘n geheel.
Wil jy 'n kinderboek skryf of wil jy deel wees van ons aanlynslypskool? Klik hier vir ons kinderboekskryfkursus en hier vir ons aanlynslypskool.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.