V & A | Getuigskrifte | Perskantoor | Kontak ons | Tuis 

 

 

 

 

 

 

 


Die stand van Afrikaans

• Afrikaans is die enigste Germaanse taal wat in Arabiese skrif getranskribeer is.
• Afrikaans is die derde jongste Germaanse taal wat amptelik erken is. Faroërs is die tweede jongste, en Luxemburgs die jongste.
• Afrikaans, met sowat 7 miljoen sprekers, is die derde grootste taal in Suid-Afrika, naas Zoeloe (11,5 miljoen) en Xhosa (8,1 miljoen).
• Daar is meer Suid-Afrikaners wat Afrikaans as huistaal het as Engels.
• Afrikaans is die 140ste grootste taal ter węreld. Dit is merkwaardig, aangesien daar ongeveer 7 000 tale in die węreld is!
• Meer as 95% van Afrikaans se woordeskat is van Nederlandse oorsprong.
• Die eerste Afrikaanse woordelys, getiteld Proeve van Kaapsch taaleigen, is in 1844 gepubliseer.
• Afrikaans is die mees gesproke taal in die Wes-Kaap, met die Noord-Kaap kort op sy hakke.
• Hoewel Afrikaans regdeur Suid-Afrika gepraat word, is dit die dominante taal in die Wes- en Noord-Kaap.
• “Mense van kleur wat Afrikaans praat, is een van die belangrikste redes waarom die taal relatief dominant bly in die land.”

                                                                                                                                                                                                                                                                   Bron: Afrikaans.com, Węreldwyd

Indeks

Klik op die betrokke maand om na daardie almanakblad herlei te word.

 Januarie 

Februarie

Maart

April

Mei

Junie

 

 Julie 

Augustus

September

Oktober

November

Desember

Bygewerk: 05-03-2025