


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel - Professionele Dienste
Taalversorging saam met
Jeanette Ferreira
Jy is 'n redigeerder, vertaler, proefleser, taalliefhebber, skrywer, student, onderwyser, opleier ... iemand wat op 'n daaglikse basis met Afrikaans en ín Afrikaans werk.
Wat jy soek is 'n iemand om jou te help om jou manuskrip met 'n fyn kam deur te werk om enige grammatikale grammadoelas uit te roei voordat hulle permanent posvat.
Of, as jy 'n student is, soek jy iemand om jou te leer presies hóé jy jou werkopdragte, skripsies of verhandelinge moet skryf en jy wil veral hulp hê met die voetnotas, bronverwysings, indeksering, redigering en taalversorging wat jou al in die verlede 'n onderskeiding gekos het.
Kortom, maak nie saak wat jy skryf en waarom nie - jy is lief vir Afrikaans en wil probeer om die taal so suiwer en korrek moontlik te hou, sonder om 'n taalpuris te wees. En jy soek 'n kenner se leiding en insig.
Vra vir dr Jeanette Ferreira, voormalige dosent in Afrikaanse letterkunde aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en professor sedert 1993. Sy was voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde, vir 10 jaar redakteur en uitgeweryhoof aan verskillende uitgewerye en die skrywer van 16 boeke in verskillende genres.
Min skrywers is beter toegerus om jou manuskrip taalkundig te versorg as Jeanette.
Stuur jou manuskrip(te) aan Jeanette en sy doen VOLLEDIGE redigering en stuur 'n persklaar manuskrip aan jou terug.
Sy redigeer met track changes (Microsoft Word®) en stuur dan twee (2) dokumente aan die outeur terug: een met track changes wat sigbaar is en een wat skoon is (d.w.s. die track changes is ingevoer, maar kan nie gesien word nie). Dit is die mees effektiewe manier om te leer waar jou probleme lê.
Jeanette wys in hierdie redigering ook die volgende uit:
-
lomp stelwyses wat verbeter kan word
-
omslagtige stelwyses wat verkort kan word
-
elegante Afrikaanse stelwyses in plaas van Engelse stelwyses
-
woorde of frases wat binne die konteks van die teks nie gepas is nie
-
konsekwentheid wat betref spelwyse van name, plekke, instansies, afkortings
-
feitelike korrektheid
-
enige ander aanbevelings wat die teks kan verbeter.
Die resultaat is dus nie net ‘n geredigeerde teks nie maar ook meer kennis van taalaspekte wat jy kan opknap en in die toekoms self kan toepas.
Dit sal ideaal wees as jy vertroud is met track changes op jou rekenaar maar as jy nie is nie, sal sy vir jou leiding daaroor gee.
Vul onderstaande vorm in en heg jou manuskrip aan - maksimum drie - indien jy wil hê Jeanette moet die taalversorging vir jou doen.



