


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel - Professionele Dienste
Ons bied ook verskeie professionele dienste en die gehalte van ons werk word deur ons bewese ervaring en professionaliteit gewaarborg.
LET ASSEBLIEF DAAROP:
-
Geen twee werke is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.
-
Ons bied verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.
SA Vryskutskrywer se professionele dienste sluit in:
Verkoop van tydskrifartikels en rubrieke namens skrywers. Meer
inligting hier ...
Navorsing - vanaf R115 per uur, afhangende van die spertyd en
ingewikkeldheid. Meer inligting hier ...
Skryf van Tydskrifartikels - enige onderwerp of joernalistieke genre,
vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid
van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, ens. Meer inligting hier ...
Vertalings - beskikbare tale: Afrikaans, Engels, Duits, Frans, Nederlands en
Italiaans - vanaf 45c per woord vir Afrikaanse en Engelse vertalings, en
vanaf 70c per woord vir vertalings in ander tale. Meer inligting hier ...
Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R495 per
toespraak, afhangende van die tydsduur, hoeveelheid woorde,
ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...
Proeflees en
redigering van manuskripte, dokumente, artikels of verhandelings - vanaf R35
per bladsy, afhangende van die hoeveelheid bladsye, ingewikkeldheid van die
onderwerp, ens.
Meer inligting hier ...
Skryf van
Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die
hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.
Skryf
van
Verslae - vanaf R80 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die
verslag. Meer inligting hier ...
Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en
onderhoude in. Meer inligting hier ...
Nuusbriewe
- samestelling volgens kliënt se voorskrif - R245 per uur vir eenmalige
projekte; R115 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Om nuusbriewe te
versprei, kontak ons of vul onderstaande vorm in.
E-boeke - konseptualisering en uitgee - R245 per uur. Meer
inligting hier ...
Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R345 per
nuusvrystelling - sluit verspreiding in. Meer inligting hier ...
Opstel van Sakeplanne - vanaf R380, afhangende van die omvang van die
sakeplan.
Saamstel van
Gedenkboeke - vanaf R100 per bladsy. Meer inligting hier ...
Konsultasiedienste - R245 per uur.
Skryf van Webartikels - R500 per artikel, navorsing ingesluit.
Uitgewerstussengangerdienste (agent) - 10% van die vergoeding wat namens
die kliënt beding word. Meer inligting hier ...
Nuusverslaggewing - R150 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in.
Meer inligting hier ...
Bemarking van jou besigheid - fooi onderhandelbaar aangesien dit afhang
van die tipe bemarking wat benodig word. Heg volledige besonderhede as 'n aparte
dokument by die onderstaande vorm aan. Kyk ook na 'n paar opsies oor hoe jy met
behulp van ons hulpbronne jou eie bemarking kan doen. Meer inligting
hier ...
Ontwerp van
Basiese webblad bestaande uit drie (3) bladsye [tuisblad, kontakblad en
ekstra blad] - R315.
Meer inligting hier ...
Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R195 per
uur, sluit die hele pakket in - vanaf konseptualisering en skryf van
persvrystelling tot verspreiding daarvan aan relevante instansies. Meer
inligting hier ...
Webbladontwerp -
volledige
ontwerp, huisvesting, domeinnaamregistrasie, bywerking, grafika en
maandelikse instandhouding. Meer inligting hier ...
Lees van
voltooide Manuskripte: poësie, kortverhale,
artikels - het jy 'n gedig, kortverhaal of artikel klaar geskryf en wil
kommentaar daaroor hê of miskien 'n idee aan wie om dit te stuur vir publikasie?
Ons kan help. Koste: R55-leesfooi vir 'n gedig, R95-leesfooi vir 'n artikel en
R125-leesfooi vir 'n kortverhaal. Terugvoering sluit 'n kort verslag in met
aanbevelings van 'n uitgewer of publikasie met kontakbesonderhede in.
Meer besonderhede ...
Beoordeling van voltooide Boekmanuskripte - R50 per 1,000 woorde,
sluit 'n omvattende verslag en aanbevelings in om die manuskrip gepubliseer te
kry.
Terme en voorwaardes vir ons professionele dienste
-
Pryse is onderhewig aan onderhandeling, afhangende van die ingewikkeldheid van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, hoeveelheid woorde, ens. Ons volg 'n gemiddelde tariefskaal, soos opgestel deur SAFREA (Southern African Freelancers Association) - http://www.safrea.co.za/about/about.asp?aboutID=621
-
Alle pryse sluit BTW in.
-
Kwotasies is gratis.
-
'n Deposito van R250 word vereis nadat 'n kwotasie aanvaar is en voordat daar met enige werk begin word. [Geld slegs kontrakte van R500 en meer.]
-
In gevalle waar die fooi per uur betaalbaar is, sal 'n gespesifiseerde rekening saam met die faktuur verskaf word waarin noukeurig van alle werkure verslag gedoen word.
-
'n Administrasiefooi van 10% word op die totale rekening gehef.
-
Rekeninge is binne dertig (30) dae na ontvangs van die voltooide werk betaalbaar. Rente van 15% sal op alle bedrae ouer as dertig (30) dae gehef word.
-
Vir Terme en Voorwaardes klik hier.
Vir enige navrae oor bogenoemde dienste, vul onderstaande vorm in en ons sal 'n gratis kwotasie vir jou uitwerk.




