Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

                       

 

Professionele Dienste

 

 

Ons bied ook verskeie professionele dienste teen sakpasfooie en die gehalte van ons werk word deur ons bewese ervaring en professionaliteit gewaarborg.

 

 

'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.

Geen twee werke is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.

Ons bied verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.

 

SA Vryskutskrywer se professionele dienste sluit in:

 Verkoop van tydskrifartikels namens skrywers. Klik hier ...

Navorsing - vanaf R115 per uur, afhangende van die spertyd en ingewikkeldheid. Klik hier vir meer inligting ...

Skryf van Tydskrifartikels - enige onderwerp of joernalistieke genre, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Vertalings - beskikbare tale: Afrikaans, Engels, Duits, Frans, Nederlands en Italiaans -  vanaf 55c per woord vir Afrikaanse en Engelse vertalings, en vanaf 70c per woord vir vertalings in ander tale. Meer inligting hier ...

Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R245 per toespraak,  afhangende van die tydsduur, hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Proeflees en redigering van manuskripte, dokumente, artikels of verhandelings - vanaf R55 per bladsy (onderhandelbaar), afhangende van die hoeveelheid bladsye, ingewikkeldheid van die onderwerp, ens. Meer inligting hier ...

Skryf van Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Skryf van Verslae - vanaf R80 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die verslag. Meer inligting hier ...

Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en onderhoude in. Meer inligting hier ...

Nuusbriewe - samestelling volgens kliënt se voorskrif - R245 per uur vir eenmalige projekte; R115 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Meer inligting hier ...

 E-boeke - konseptualisering en uitgee  - R245 per uur. Meer inligting hier ...

Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R345 per nuusvrystelling - sluit verspreiding in. Klik hier ...

Opstel van Sakeplanne - vanaf R380, afhangende van die omvang van die sakeplan. Klik hier ...

Saamstel van Gedenkboeke - vanaf R100 per bladsy. Klik hier ...

Konsultasiedienste - R245 per uur. Klik hier ...

Skryf van Webartikels - R500 per artikel, navorsing ingesluit. Klik hier ...

Nuusverslaggewing - R150 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in. Klik hier ...

Bemarking van jou besigheid - fooi onderhandelbaar aangesien dit afhang van die tipe bemarking wat benodig word. Kyk ook na 'n paar opsies oor hoe jy met behulp van ons hulpbronne jou eie bemarking kan doen. Meer inligting hier ...

Ontwerp van Basiese webblad bestaande uit drie (3) bladsye [tuisblad, kontakblad en ekstra blad] - R395. Meer inligting hier ...

Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R195 per uur, sluit die hele pakket in - vanaf konseptualisering en skryf van persvrystelling tot verspreiding daarvan aan relevante instansies. Klik hier ...

Lees van voltooide Manuskripte: poësie, kortverhale, artikels - het jy 'n gedig, kortverhaal of artikel klaar geskryf en wil kommentaar daaroor hê of miskien 'n idee aan wie om dit te stuur vir publikasie? Ons kan help. Meer besonderhede ...

 

Terme en voorwaardes vir ons professionele dienste

  • Pryse is onderhewig aan onderhandeling, afhangende van die ingewikkeldheid van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, hoeveelheid woorde, ens.

  • Alle pryse sluit BTW in.

  • Kwotasies is gratis.

  • 'n Deposito van R250 word vereis nadat 'n kwotasie aanvaar is en voordat daar met enige werk begin word. [Geld slegs kontrakte van R500 en meer.]

  • In gevalle waar die fooi per uur betaalbaar is, sal 'n gespesifiseerde rekening saam met die faktuur verskaf word waarin noukeurig van alle werkure verslag gedoen word.

  • 'n Administrasiefooi van 10% word op die totale rekening gehef.

  • Rekeninge is binne dertig (30) dae na ontvangs van die voltooide werk betaalbaar. Rente van 15% sal op alle bedrae ouer as dertig (30) dae gehef word.

  • Vir Terme en Voorwaardes klik hier.

 

 

  Klik hier om ons te kontak

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster